• Login
  • Search Icon

Werkgroep besoek nuwe wêreldklas tegnologiesentrum

March 2018

CORNÉ LOUW, senior ekonoom, Graan SA

Die Produksie/Insetwerkgroep van Graan SA het sy laas­te vergadering vir 2017 by DuPont se nuwe wêreldklas tegnologiesentrum buite Delmas gehou. 

Van die belangrike sake wat tydens die werkgroepvergadering be­spreek is, sluit in:

Saad

  • Die teling-en-tegnologieheffing op saad
  • Mieliekultivarevalueringsprogram
  • Sclerotinia toelaatbaar in gesertifiseerde sonneblom- en sojaboonsaad
  • Samesprekings met SANSOR

Kunsmis

  • Kunsmis- en landboukalkpryse
  • Samesprekings met Fertasa
  • Die kunsmis- en landboukalkmoniteringsprojek
  • Kunsmisbokse

Landbouchemikalieë 

  • Chemikalieëprysmonitering
  • Terugvoer oor samesprekings met AVCASA
  • Standaard etikettering vir landbouchemiese middels
  • Kwaliteit van landbouchemikalieë
  • Onkruiddoderweerstand en kaarte van chemiese groepe

Brandstof

  • Ruolie en dieselprysvooruitsigte
  • Dieselrabat
  • Pryse van smeerolie
  • Goedkoper diesel by landbou-organisasies

Landboumasjinerie

  • Prystendense en trekkerverkope
  • Terugvoer oor samesprekings met SALMA
  • Invoertarief op trekkerbande
  • Monitering van onderdelepryse
  • Logistiek van landboumasjinerie wat nie gelisensieer kan word nie

Verder het algemene sake soos water, elektrisiteit, koperdiefstal, die minimum loon en finansiering ook aandag geniet. 

Na afloop van die vergadering het die werkgroeplede die fasiliteite besoek. Gevorderde tegnologie soos dubbel haploïede, fotometrie en die gepatenteerde Pioneer Versnelde Gewastegnologiestelsel (Pioneer Accelerated Yield Technology [AYT] System) word in hierdie sentrum gebruik. 

Hierdie tegnologie bied ondersteuning om teelsiklusse te verkort en verbeter die akkuraatheid ten opsigte van telingsdoelwitte (onder andere verbeterde droogteverdraagsaamheid, plae en siekteverdraagsaamheid, asook verbeterde opbrengs met beperkende insette). Buiten ‘n tegnologiesentrum op die perseel, is daar ook ‘n insektaria – die grootste privaat insektaria in Afrika – waar eienskappe ontwikkel word om plaaslike vernietigende plae te bestuur. 

“Dit wat ons hier gesien het, behoort plaaslike graan- en olie­sadeprodusente gemoedsrus te gee en opgewonde te maak dat daar in hierdie tipe fasiliteite geïnvesteer word en dat gelokaliseerde navorsing hier op eie bodem gedoen word. Hierdie tipe fasiliteite word gewoonlik net in lande soos Amerika gesien,” aldus mnr André Kirsten (voorsitter van die Produksie/Insetwerkgroep).

Vir enige vrae oor die bedrywighede van dié Werkgroep kan Corné Louw by corne@grainsa.co.za of André Kirsten by andre@kirstenbdy.co.za gekontak word. 

 

Publication: March 2018

Section: Grain SA

Search