Saam bou ons aan die toekoms van landbou! Graan SA werk vandag saam met die Noordwes-Universiteit ( NWU - North-West…
Saam bou ons aan die toekoms van landbou!
Graan SA werk vandag saam met die Noordwes-Universiteit ( NWU - North-West University ) tydens die Academia and Industry Collaboration Workshop.
Van ons navorsers woon die werkswinkel by om kennis uit te ruil, idees te deel en nuwe geleenthede vir samewerking tussen die akademie en die landboubedryf te verken. Mike Ellis van Graan SA sal ook as spreker optree.
Deur samewerking tussen navorsing en die bedryf te bevorder, kan ons innovasie aanmoedig, landbounavorsing versterk en help bou aan ’n volhoubare toekoms vir Suid-Afrikaanse landbou. 🌱



















