• Login
  • Search Icon

Weg met gebruikte plaagdoderhouers

May 2011

DR GERHARD H VERDOORN, GRIFFON GIFINLIG TINGSENTRUM EN AVCASA

Suid-Afrika se landbouers is aangewese op ‘n hele reeks insette wat produksie van voedselkommoditeite ekonomies haalbaar en volhoubaar maak. Plaagdoders wat insekdoders, onkruiddoders, swamdoders en aanverwante produkte insluit, maak ‘n redelike groot deel van daardie insette uit en kos produsente jaarliks ongeveer 4 miljard rand.

Deur die jare heen het die Vereniging van Dieregesondheids- en Plantbeskermingsverenigings (AVCASA) wat die  plaagdoderbedryf in Suid-Afrika verteenwoordig, die landbougemeenskap met sterk boodskappe oor die verantwoordelike gebruik van plaagdoders gevoer. Dit het tot gevolg gehad dat produsente die gebruik van hul plaagdoders baie ernstig opneem en meestal baie verantwoordelik daarmee optree. Sertifiseringsorganisasies soos GlobalGap en andere plaas ook druk op produsente om plaagdoders met groot verantwoordelikheid te gebruik ten einde hul sertifisering te behou.

Ongeag die belangrike stappe wat die landbougemeenskap alreeds geneem het om plaagdodergebruik meer veilig te maak, is daar steeds groot vraagstukke waaronder produsente gebuk gaan. Een daarvan is die dilemma van gebruikte plaagdoderhouers.

Kliek op  https://www.grainsa.co.za/documents/SAGraan%20Mei%2011_Plaagdoderhouers.pdf  vir die volledige artikel.

Publication: May 2011

Section: Input Overview

Search