• Login
  • Search Icon

Perspektief | Perspective Week 21

22 May 2020

 

 

ALTERNATIEWE GEWASSE
Ruan Schutte, Ekonoom

'n Behoefte aan inligting rakende saad beskikbaarheid van alternatiewe gewasse het by lede ontstaan, waarna Graan SA beoog het om beskikbaarheid by die volgende verskaffers te bepaal. Die onderstaande maatskappye het bevestig dat saad wel vir die verskeie alternatiewe gewasse beskikbaar is.

Voorbeelde van alternatiewe gewasse is:

Kleingrane
•  Voergars, Saia Hawer, Voerrog, Rog, Voer/Kuilvoer Hawer, Korog

Grasse
•  Gematigde Grasse, Subtropiese Grasse, Tropiese Grasse, Voersorghum, Soet Sorghum, Babala, Tef Gras

Peulgewasse
•  
Voererte, Wieke, Lusern, Faba Bone, Serradella, Medics, Bitter Lupiene, Eenjarige Klawers, Meerjarige Klawers, Dolichos Bone, Sonhemp, Akkerbone, Desmodium, Sainfoin

Wortel Gewasse en Brassicas
•  
Japanese Radys, Voerradys, Tiller Radys, Somer Radys, Voerraap, Voerbeet

Kruie
•  
Sigorei, Plantain

Bio-berokers
•  
Wit Mosterd, Bruin Mosterd, Bladrammena

Polinators
•  
Phacelia

Maatskappy

Kontakpersoon

Kontaknommer

E-pos adres

Agricol

Christof Muller

S: 060 579 9579
T: 021 981 1126

cmuller@agricol.co.za

Barenbrug

Jaco Kellerman

S: 082 940 8383
T: 021 979 1303

jkellerman@barenbrugsa.co.za

AGT Foods

Maryana Odendaal

S: 074 750 1845

marynaodendaal@gmail.com

Pannar

Jannie De Bruyn

S: 082 457 2245

jannie.debruyn@pannar.co.za

Sensako

Pieter Craven

S: 082 388 0299

pieter.craven@sensako.co.za

K2 Agri

Gys van Scalkwyk
Andre van der Linde

S: 082 3243067
S: 082 824 4142

gys@k2.co.za
andre@k2.co.za

Lede sal deurlopend op hoogte gehou word sodra nuwe saad beskikbaar is.

 

 


ELEKTRONIESE MAGTIGINGSVORM

 

Die werwing van nuwe Graan SA-lede, sowel as die opdatering van die organisasie se databasis, bly een van die belangrikste fokus areas. Ter ondersteuning van hierdie mandaat het Graan SA 'n elektroniese magtigingsvorm ontwikkel wat die goedkeuring van produsente vir die aftrekking van heffings deur verskillende agente vergemaklik. Produsente word aangemoedig om die vorm aanlyn in te vul en sodoende die organisasie in hul mandaat te ondersteun.

Voltooi die elektroniese magtigingsvorm hier

 

 


DIE IMPLIKASIES VAN 'N VERSWAKKENDE RAND OP INSETPRYSE
Ikageng Maluleke, Landbou-ekonoom

 

Die wêreldgemeenskap veg tans die COVID-19-pandemie, en hoewel die fokus op gesondheid is, is die ekonomiese en sosiale implikasies vêr reikend. Dit kom in 'n tyd waarin die wêreldekonomie reeds traag was. Sedert Maart 2020, toe die pandemie Suid-Afrikaanse getref het, het die Rand afwaarts geduik. Met die groot impak op invoere, illustreer hierdie artikel die gevolge van 'n waardevermindering in die Rand op chemiese- en kunsmispryse.

Onkruid- en Insekdoder prysneigings

Tabelle 1 tot 4 toon die neigings in pryse van internasionale landbouchemikalieë (aktiewe bestanddele) vir beide 'n jaar en oor 'n maandelikse periode. Vir die tydperk April 2019 tot April 2020 het die Rand met 31% gedaal, terwyl dit met 10,9% gedaal het vanaf Maart 2020 tot April 2020, met dié impak hieronder duidelik uiteengesit.

Die pryse van insekdoders in Dollar het meestal oor 'n jaar-tydperk aansienlik gedaal (Tabel 1), en in die algemeen behoort die neiging die Rand-waardes te laat daal, maar as gevolg van die swak Rand, toon chemikalieë soos Carbofuran, Acetamiprid en Chlorpyrifos 'n styging.

Tabel 1: Jaarlikse pryse van insekdoders: Internasionaal in dollar- en Randwaarde

Internasionale pryse vir insekdoders ($) (Tabel 2) het ook vir die meeste maandeliks gedaal, behalwe Cypermethrin, wat met ongeveer 15% gestyg het. Die plaaslike pryse (R) het egter 'n opwaartse neiging getoon, met 'n styging van 4,4% tot 28% vir alle chemikalieë as gevolg van die swak Rand.

Tabel 2: Maandelikse Insekdoderpryse: Internasionaal in dollar- en Randwaarde

Jaarlikse onkruiddoderpryse (Tabel 3) dui op 'n algemene daling in die pryse van alle aktiewe bestanddele, behalwe Trifluralin wat in dollar-waarde gestyg het. In Rand-waardes het pryse met 7% tot 51% gestyg vanaf April 2019, behalwe vir Atrazine, wat 'n geringe daling toon. Hierdie toenames in Rand-waarde kan weer toegeskryf word aan die swakker rand.

Tabel 3: Jaarlikse pryse van onkruiddoders: Internasionaal in Dollar- en Randwaarde

Maandelikse onkruiddoderpryse van Maart tot April 2020 (Tabel 4) dui op 'n daling in sommige pryse, terwyl ander in dollar styg. In Rand-waarde word 'n algemene styging in pryse waargeneem, terwyl die daling in Atrazine gering is in vergelyking met dollar-terme. Hierdie toenames in Rand-waarde word ook toegeskryf aan die swakker rand.

Tabel 4: Maandelikse Onkruiddoderpryse: Internasionaal in Dollar- en Randwaarde

Kunsmisprysneigings

Figuur 1 toon internasionale kunsmispryse in Dollar-waarde van April 2019 tot April 2020, sowel as die Rand/Dollar-ruil, vir dieselfde tydperk. 'n Algemene afwaartse neiging in internasionale kunsmispryse is waargeneem. Die prys van kaliumchloried het die meeste gedaal met 24,9%, gevolg deur Ammonia met 22%, terwyl DAP en Urea onderskeidelik met 20% en 6,5% gedaal het.

Tabel 5 illustreer die gemiddelde plaaslike kunsmispryse in Rand-waarde vir Mei 2019 tot Mei 2020 sowel as April 2020 tot Mei 2020. Die neiging is die teenoorgestelde van internasionale pryse en toon 'n toename in kunsmispryse vir die jaarlikse sowel as die maandelikse prys tydperke. Hierdie verhogings is die implikasies van 'n waardeverminderde rand.

Tabel 5: Plaaslike kunsmispryse
​​​​​​​

Gevolgtrekking

No one knows when or how things will end with this global pandemic, however, it can already be seen that the global economy has hit a hard knock. This brings a lot of uncertainty to the market. Global prices for both chemicals and fertilizer are kept at bay due to uncertainties related to planting as well as the oversupply of some inputs - the only saving grace for South Africa would be a stronger Rand which would give reprieve to producers. Brent crude prices, which also have an impact on international input prices could keep added pressure on prices. The key for the coming summer production season would be the trend in the exchange rate.

Niemand weet wanneer of hoe alles met hierdie wêreldwye pandemie gaan eindig nie, maar daar kan reeds gesien word dat die wêreldekonomie hard geslaan is. Dit veroorsaak baie onsekerheid in die mark. Internasionale pryse vir chemikalieë sowel as kunsmis word in toom gehou vanweë onsekerheid rakende die aanplantings sowel as die ooraanbod van sekere insette - met die enigste reddingstou vir Suid-Afrika, 'n sterker Rand, wat produsente kan bystaan. Die prys van Brent-ruolie, wat ook 'n invloed op internasionale insetpryse het, kan pryse bykomend onder druk plaas. Die neiging vir die komende somerproduksieseisoen sal deur die wisselkoers neigings bepaal word.

 

 


GRAAN SA HEFFINGS IN PERSPEKTIEF: WAT KOS DIT MY WERKLIK?

Kunsmismonitering is een van die vele projekte wat Graan SA in plek hou tot die voordeel van graanprodusente! Graan SA bestuur en fasiliteer op 'n jaarlikse basis 'n kunsmiskwaliteitmoniteringsprogram wat lede toelaat om hul kunsmismonsters te laat ontleed en sodoende te verseker dat hul kunsmis volgens standaard is.

Maar wat kos dit ons lede werklik? Om die Graan SA heffing in perspektief te sit, kyk die video om uit te vind!

 

 


UITNODIGING OM TE TENDER

‘n Uitnodiging om te tender vir die Huur van Saaigrond en Weiding vir ‘n 3-jaar termyn vanaf 1 September 2020 tot 31 Augustus 2023, is op die Graan SA webwerf geadverteer.

Klik hier om die tender af te laai