• Login
  • Search Icon

Watter effek het die wisselkoers op my boerdery?

May 2016

PIETMAN BOTHA, SA Graan/Grain medewerker

Alle besighede word deur die mikro- en makro-omgewing beïnvloed en so ook alle boerderyondernemings. Sommige aspekte in hierdie omgewings kan bestuur word, maar aan die meeste aspekte in die makroomgewing kan 'n individu nie veel doen nie.

'n Verandering in die wisselkoers is iets wat alle besighede raak sonder dat 'n individu op sy eie iets aan die saak kan doen. 'n Lae werkersproduktiwiteit is een aspek wat die besigheid beïnvloed, maar jy as bestuurder kan hierdie aspek aanpak en aanspreek.

Suid-Afrikaanse graanprodusente is in die gelukkige posisie om hul produkte in 'n vryemarkomgewing – wat in- en uitvoer moontlik maak en waar pryse volgens vraag en aanbod bepaal word – te produseer. Ongelukkig word produsente direk deur 'n verandering in die wisselkoers geraak.

Beide die produksie-insetpryse en produkpryse word deur die wisselkoers geraak. Die vryemark veroorsaak dat Suid-Afrikaanse produsente met ander produsente wêreldwyd moet meeding. Net so word die wisselkoers ook deur die vryemark bepaal.

Die wisselkoers word gebruik om die waarde van 'n geldeenheid van 'n spesifieke land met dié van 'n ander land te vergelyk. Soos graanpryse, word die wisselkoers hoofsaaklik deur vraag en aanbod gedryf.

Enige land se betalingsbalans is die hoofdrywer wat die wisselkoers beïn vloed. As meer produkte uitgevoer as ingevoer word, of as die buitelanders groot beleggings in die land maak, sal die wisselkoers versterk. Dit beteken dat minder rande nodig is om byvoorbeeld 'n dollar te koop. Die teenoorgestelde geld ook: As die land meer invoer as uitvoer en baie geld word uit die land onttrek, sal die wisselkoers verswak wat beteken dat meer rande nodig is om een dollar te koop.

Vir 'n graanprodusent is die verandering in die wisselkoers 'n belangrike saak en almal word daardeur geraak. Die meerderheid insette wat in die produksie van graan gebruik word, word ingevoer en daarom sal 'n verandering in die wisselkoers hierdie pryse beïnvloed. Die wisselkoers is egter net 'n gedeelte van die prysverandering. Heelwat ander faktore beïnvloed ook die pryse van insette, soos internasionale vraag en aanbod, die koste van energie en veral die olieprys.

Produksie-insetmiddele

Die meeste bemestingstofpryse, maar vernaamlik stikstof, word direk deur veral die olieprys beïnvloed. Sommige onkruid doder- en plaagdoderpryse word ook tot 'n mindere of meerdere mate deur die prys van olie beïnvloed, maar die pryse van aktiewe bestanddele, internasionale vraag en aanbod en die wisselkoers, is die hoofprysdrywers van hierdie bedrywe. Brandstofpryse is natuurlik direk afleibaar van die internasionale olieprys en die wisselkoers.

Masjinerie en toerusting

Nuwe masjinerie en toerusting wat aangekoop word, word in die meeste gevalle van die buiteland af ingevoer. Hierdie mas jiene se pryse word deur die produk siekoste, vraag en aanbod en grootliks deur die wisselkoers bepaal. Om hierdie masjiene in stand te hou, word onderdele benodig en die onderdele word ook hoofsaaklik ingevoer. Die gevolg is dat die wisselkoers 'n reuse invloed op die herstel en onderhoud van toerusting het.

Graanpryse

Wat ons graanpryse betref, is die wisselkoers een van die hoofprysdrywers. Die plaaslike vraag en aanbod van kommoditeite speel 'n groot rol en daarom is dit belangrik dat produsente ag moet slaan op die vraag na kommoditeite, want dit kan in die pryse weerspieël word.

Die verskil tussen uitvoer- en invoer pariteitspryse kan die verskil wees tussen wins of verlies. Dit is ook 'n uitdaging om die verskil tussen die invoer- en uitvoerpryse met effektiwiteit en doeltreffendheid te produseer.

Ekonomiese modelle

Gegewe hierdie verandering, is dit moeilik om te bereken watter effek net aan die verandering van wisselkoerse toege skryf kan word. Met die hulp van sekere ekonomiese modelle, is dit egter moon tlik om die effek van die verskillende verande ringe te meet.

Ten einde die effek te meet, word van aannames gebruik gemaak. Die eerste aan name raak die produkpryse wat die boerdery se inkomste direk raak.

Dit is so dat ons produkpryse deur die wêreldmarkte bepaal word. Hier word die effek van wêreldproduksie en wêreldvraag gebruik om die pryse te bepaal. Om enige voorspelling te kan maak, moet aanvaar word dat die internasionale pryse nie gaan verander nie. Verder moet aanvaar word dat die plaaslike pryse halfpad tussen die in- en uitvoerpryse is en bly. Op dié manier sal dit net wisselkoersveranderinge wees wat die pryse beïnvloed.

Wat insette betref, is dit algemene kennis dat die prys van brandstof, bemestingstowwe en chemiese middels deur die oliepryse, wisselkoerse en ander insette geraak word. Daarby is daar nog steeds die effek van wêreldvraag-en-aanbod.

Korrelasie tussen olieprysen prysveranderinge van insette

Om voorspellings te maak, word die effek van wêreldvraag-en-aanbod eers uit gelaat en word aanvaar dat hierdie insette se internasionale pryse deur net die olieprysveranderinge geraak sal word. Daar is 'n korrelasietendens tussen die olie prysverandering en die prysver ande ringe van insette en daarom word aanvaar dat die insette met dieselfde persen tasie as die olieprys sal verander.

Wat produksie-insette soos saad en herstelwerk betref, word aanvaar dat net die wisselkoers hierdie pryse laat verander. Hierbenewens word ook aanvaar dat die vaste koste, behalwe lone en salarisse, net met die inflasiesyfers verhoog word. Lone en salarisse sal jaarliks met inflasie en 'n addisionele 2% verhoog word.

Om die effek van die wisselkoers alleen te kan meet, vereis dat die prysstygingseffek net tot wisselkoersverandering beperk word. Hierdie prysstygings is in 'n tipie se plaasmodel vir die Oostelike Hoë veld ingevoeg waar die effek op die netto boerdery wins oor tyd gemeet is. Laas ge noemde model is saamgestel sodat al die ver anderlikes opgeneem kan word.

As die verandering net tot wisselkoersverswakking (met ander woorde meer rande is nodig om een dollar te koop) beperk word, veroorsaak dit dat die winsgewendheid van die besigheid oor tyd verhoog.

Die inkomste sal met die persentasie verandering in die wisselkoers vermeerder. Wat die kostes betref, sal die totale koste met minder as die wisselkoerspersentasieverandering verhoog bloot omdat nie alle insette ingevoer word nie.

Daarom sal die wins per hektaar oor tyd verhoog. Indien die wisselkoersversterking getoets word, daal die besigheid se winsgewendheid oor tyd. Die rede hiervoor is dat die inkomste vinniger as die uitgawes daal.

Die kans dat net die wisselkoers verander, is ongelukkig byna onmoontlik. Daar is 'n algemene verwagting dat die olieprys ook oor tyd sal styg en dit sal vir seker die kostes van baie van die insette ook laat styg.

As die aanname gemaak word dat die oliepryse jaarliks met 10% styg en die wisselkoers met 10% per jaar verswak en hierdie inligting word ook in dieselfde model ingevoer, is dit egter 'n perd van 'n ander kleur.

Die olieprys veroorsaak dat die direkte pro duksiekoste in hierdie model met onge veer 17% styg, terwyl die pro duk pryse net met 10% styg. Die gevolg is dat die netto boerderywins dan eks ponen sieel oor tyd daal. Indien hierdie eksponen siële daling gestuit moet word, sal die pryse van die gewasse, behalwe die wissel koersverandering, ook internasionaal met tussen 4% en 5% moet styg.

Prysbestuur en verskansing

As die internasionale pryse egter nie styg nie, is daar nie veel wat 'n produsent kan doen nie. Die belangrikste is om seker te maak dat alles in die produksieproses 100% gedoen word. Verder moet gesorg word dat die produkpryse so goed moontlik bestuur en verskans word.

Dit is interessant dat 'n konstante verhoging van 5% in opbrengs oor tyd 'n effektiewe teenvoeter vir die styging in produksiekoste is. As die plaaslike produkpryse met 5% verhoog word deur byvoorbeeld beter bemarking en verskansing, kan dit alleen nie die effek van die wisselkoersverswakking uitkanselleer nie.

Die plaaslike pryse moet rondom 8% verhoog, voor dit opsigself die wisselkoersverswakkingseffek uitkanselleer. Om egter net aandag aan produksie te gee en van prysbestuur te vergeet, sal fataal wees. Indien die produksie met 5% verhoog word en as gevolg van swak prysbestuur is die pryse 5% onder die verwagte pryse, lei dit tot 'n nog groter verlies as wanneer daar niks gedoen is nie.

Die wisselkoers is 'n faktor wat nie net oor die hoof gesien kan word nie. Dit is en bly belangrik om die effek van 'n verande ring in die wisselkoers te verstaan en te bestuur. Doen dus moeite om die wisselkoers verwagtinge te bestudeer en gebruik hierdie inligting om jou aankope en verkope teen te meet.

Vir meer inligting oor wisselkoers veranderinge en die effek daarvan, kontak die outeur by 082 759 2991.

Publication: May 2016

Section: Focus on

Search