• Login
  • Search Icon

Wanneer koop jy gewoonlik kunsmis aan?

January 2017

image

CORNÉ LOUW, senior ekonoom: Graan SA

Kunsmis is ‘n graan- en oliesadeprodusent se grootste uitgawe. Dit kan tussen 30% en 50% van ‘n produsent se lopende produksiekoste uitmaak. Omdat kunsmispryse gedurende die jaar uitermate kan wissel, kan die tyd van aankope ‘n reuse verskil in kostebestuur en wins maak.

Graan SA het die gemiddelde maandelikse prys met behulp van plaaslike kunsmispryse sedert 2004 bereken en dit teen die totale jaarlikse gemiddeld opgeweeg ten einde ‘n indeks te bepaal – en dit op ‘n grafiek aangedui. Hierdie resultate illustreer wanneer kunsmispryse tradisioneel en/of op ‘n gemiddelde basis op sy hoogste of laagste is. Die afgelope jaar (2016) se pryse verskyn ook op die grafieke (Grafiek 1 tot Grafiek 4). Die blou lyn verteenwoordig die langtermynindeks en die rooi lyn 2016 se indeks.

Wanneer koop jy gewoonlik kunsmis aan?

Dit is duidelik dat die afgelope jaar presies die teenoorgestelde tendens as die tradisionele tendens getoon het. By feitlik al die kunsmisgrondstowwe was pryse vroeër in 2016 hoër as later in die jaar – waar pryse tradisioneel aan die begin van die jaar op hul laagste is.

Hierdie tendens is veroorsaak deur internasionale kuns mispryse wat gedurende 2016 deurlopend skerp gedaal het. Afhangende van die grondstof, het internasionale kunsmispryse tussen 17% en 63% in 2016 afgeneem.

Uit hierdie statistiek is dit duidelik dat die tydsberekening van kunsmisaankope nie eenvoudig is nie. Die afleiding wat gemaak kan word, is dat dit wel belangrik is om na historiese tendense te kyk, maar nog meer om deurlopend op hoogte te bly van nuwe wendinge en verwikkelinge in internasionale en plaaslike markte.

Dit is hierin wat Graan SA vir sy lede ‘n belangrike rol wil speel om sodoende seker te maak dat hulle op hoogte is van die nuutste tendense, verwikkelinge en verwagtinge. Sodoende kan lede ingeligte besluite oor die tydsberekening van hul kunsmisaankope neem.

Publication: January 2017

Section: On farm level

Search