• Login
  • Search Icon

Waardetoevoeging op plaasvlak – is dit te Vergezocht?

December 2010

BARRETT SCHOEMAN, LANDBOU-EKONOOM: MARKOMGEWING, GRAAN SA

Mnr Pierre Hugo, mede-eienaar van Vergezocht Olies en ‘n produsent in die Vrystaat, het ‘n innoverende manier gevind om waarde toe te voeg tot sonneblomproduksie. Hoë-oleïensuur sonneblomsaad word deur produsente in die omgewing op kontrak geproduseer en die sonneblomsaad word deur die verwerkingsaanleg, wat 62 ton sonneblomsaad per maand kan pers, gestuur.

Hugo, voorheen ‘n wynmaker op Riebeeckkasteel, het in 1976 in Bloemfontein begin boer. In 2004 is Pannar se eerste hoë-oleïensuur sonneblomsaadkultivar op sy plaas buite Bloemfontein aangeplant. Vergezocht hoë-oleïensuur sonneblomolie-aanleg is gestig waarvan Hugo een van vier aandeelhouers is.

Die gesondheidsvoordele van hoë-oleïensuur sonneblomsaad is ondersoek en daar is bevind dat hoë-oleïensuur sonneblomsaad gemiddeld meer as 80% mono-onversadigde vetsure en 60 mg/100 ml vitamien E bevat (Grafiek 1). Navorsing toon dat ‘n dieet wat hoë vlakke van mono-onversadigde vetsure en vitamien E insluit, die moontlikheid van hartvatsiekte en sekere kankers verminder, omdat die vlakke van LDL-cholesterol verlaag en beskerm word teen vry radikale.

Duitse toerusting is in 2005 vir die verwerkingsaanleg ingevoer om die sonneblomsaad tot hoë-oleïensuur sonneblomolie en oliekoek te verwerk. Die verwerkingsaanleg kan ook vir die pers van sojabone aange wend word. Die olie word minimaal aan hitte blootgestel deurdat die sonneblomsaad deur ‘n meganiese proses koud gepers word. Die natuurlike geur, kleur en kwaliteit van die olie word dus behou.

Kliek op  https://www.grainsa.co.za/documents/SAGraan%20Des%202010_Waardetoevoeging.pdf  vir die volledige artikel.

Publication: December 2010

Section: Wenartikels

Search