• Login
  • Search Icon

Vooruitsigte vir graan- en oliesaadmarkte in 2010

March 2010

WESSEL LEMMER, SENIOR EKONOOM: MARKNAVORSING, GRAAN SA

Die internasionale pryse vir landboukommoditeite soos mielies, koring en sojabone het teenoor dieselfde tydperk verlede jaar groot prysdalings ondergaan. Die prysdalings skep onsekerheid oor die vooruitsigte in 2010 vir die graan- en oliesaadmarkte. Wintergraan produsente moet belangrike besluite oor die aanplant van koring, gars en kanola neem, terwyl somergraanprodusente eersdaags begin oes en deurentyd markbesluite oor sonneblom, sorghum, sojabone en mielies moet neem.

Die prysdalings het voortgeduur, ten spyte daarvan dat aandelemarkte op internasionale vlak met meer as 23% herstel het en ruoliepryse met meer as 41% verbeter het. Die rand het met 41% versterk en het tot die plaaslike dalings in kommoditeitspryse bygedra. Die wêreldwye goeie produksietoestande vir mielies, koring en sojabone het daartoe bygedra dat die internasionale pryse van hierdie kommoditeite ‘n dalende prystendens begin volg het.

Tydens die skryf van die artikel in die eerste week van Februarie, het plaaslike witmieliepryse met 31% en geelmieliepryse met 22% teenoor ‘n jaar gelede gedaal. Koring pryse het met 23% gedaal terwyl sonneblom- en sojaboonpryse onderskeidelik 6% en 25% laer is as ‘n jaar gelede.

Kliek op  https://www.grainsa.co.za/documents/SAGraan%20Maart10_Vooruitsigte%20vir%202010%20markte.pdf  vir die volledige artikel.

Publication: March 2010

Section: Wenartikels

Search