• Login
  • Search Icon

Verhoog jou kudde-winsgewendheid met spoormineraalaanvulling

March 2013

DANIE VAN NIEKERK, VERKOOPSBESTUURDER: NOORDWES PROVINSIE, VIRBAC RSA

Spoormineraalwanbalanse en -tekorte kan, net soos by gewasproduksie, die oorsaak wees van baie probleme wat lei tot sub-optimale produksie. Ons selekteer vir hoër-pro duserende diere, terwyl ons nie noodwendig voedings- en bestuurspraktyke aan pas om in die diere se hoër behoeftes te voorsien nie.

Ons verwag van ‘n koei om elke jaar ‘n gesonde kalf in die wêreld te bring en te speen. Op grond van hierdie verwagting, behoort ons alles in ons vermoë te doen om die koei in staat te stel om dit te kan behaal. Een van die bestuurshulpmiddels wat ons kan gebruik, is die aanvulling van spoorminerale. Suid-Afrika word oor die algemeen as “spoormineraalarm” geklassifiseer. Spoorminerale speel ‘n kardinale rol in baie prosesse in die liggaam wat onder andere reproduksie, immuniteit en groei beïnvloed.

Dit vorm deel van baie ensieme en voorlopers van hormone wat hierdie funksies optimeer. Akute tekortsimptome is die sogenaamde “punt van die ysberg”. Lank voordat tekortsimptome waargeneem word, word maksimum immuniteit, groei en reproduksie ingeboet. Die probleem is dat sub-optimale spoormineraalvlakke gewoonlik ongesiens verbygaan. Dit word eers gediagnoseer as die akute tekortsimptome na vore kom. Teen daardie tyd het die produsent al baie groot “onsigbare” ekonomiese verliese gelei.

Spoorminerale kan (en behoort) op twee maniere aangevul te word – oraal en inspuitbaar. Kommersiële lekke en voere bevat almal spoorminerale wat as basis van spoormineraalaanvulling dien. Op sekere tye in die produksiesiklus (byvoorbeeld kalwing, paring, vinnige groei, speen en stres), kan die beskikbare hoeveelheid spoorminerale in die weidings en lekaanvullings nie in die dier se verhoogde behoeftes voorsien nie.

Die variasie in die lekinname van individuele diere vererger die probleem van onvoldoende inname. Antagoniste in die water, grond en weiding (veral kalsium, swael en yster) vererger die probleem nog verder.

Die antagoniste “bind” die spoorminerale en verlaag die absorpsie daarvan in die spysverteringskanaal. Al gebruik jy watter lek, behoort diere op die kritieke tye ‘n spoormineraal-aanvulling gegee te word. ‘n Inspuitbare spoorelementaanvulling kan hier nuttig gebruik word. Dit het die voordeel dat dit via die bloedstroom na die lewer vervoer en vir gebruik geberg word. Die opname daarvan word dus glad nie deur antagoniste in die spysverteringskanaal beïnvloed nie. Daarby ontvang elke dier sy regmatige aanvulling.

Vrugbaarheid is een van die hoofdrywers wat die winsgewendheid van ‘n beesboerdery bepaal. Voeding (kondisie) bly die belangrikste faktor om reproduksie te maksimeer, maar indien spoormineraaltekorte, of selfs net suboptimale vlakke voorkom, kan dit bydra tot verlaagde reproduksie (konsepsie en embriooorlewing). Navorsing by Dundee, in ‘n baie moeilike jaar, het gewys wat die invloed van spoormineraalaanvulling kan wees.

In Amerika het ‘n proef aangetoon dat selfs vleisbeeskuddes met ‘n goeie kalfpersentasie, voordeel getrek het uit ‘n inspuitbare spoormineraalaanvulling. Sien Grafiek 1. In melkbeeskuddes in Amerika, wat orale spoormineraalaanvulling ontvang het, is die interkalfperiode of days open, verlaag deur die gebruik van ‘n inspuitbare spoormineraalaanvulling. Saam met die ander voordele op algemene gesondheid (laer somatiese seltelling, minder vrotpootprobleme en gesonder baar moeders), het ekonomiese ontledings getoon dat hulle ‘n rendement gehad het van ,5 vir elke wat hulle op die inspuitbare spoormineraalaanvulling spandeer het.

Navorsing toon dat van die spoorminerale in die lewer van jong kalwers, met tot 74% binne die eerste 56 dae ná geboorte daal (Grafiek 2). Alhoewel kalwers met ‘n goeie spoormineraalstatus gebore kan word, is melk ‘n swak bron van die meeste spoorelemente. Daarom kan kalwers teen speentyd dikwels in ‘n tekortsituasie wees. Probleme soos artrose en ander been vormingsprosesse word onder andere ook deur spoormineraalstatus (veral mangaan en koper), geaffekteer. Die immuniteit van jong kalwers is onder druk.

image

Sekere van die spoorelemente, soos selenium en koper, speel ‘n belangrike rol in die ontwikkeling en instandhouding van immuniteit.

Lekinname is baie swak gedurende hierdie soogfase, wat ‘n alternatiewe manier van aanvulling essensieel maak. ‘n Inspuitbare aanvulling op ongeveer drie maande ouderdom en weer net voor (met) speen, sal verseker dat optimale spoormineraalvlakke vir groei, beenvorming, immuniteit en algemene gesondheid gehandhaaf word. Proewe met voerkraalkalwers het ook getoon dat kalwers wat ‘n inspuitbare spoormineraalaanvulling ontvang het, minder siek geword het; dié wat siek geword het, vinniger herstel het; beter reaksie op inentings getoon het en beter gegroei het.

Weens die ingewikkelde interaksie tussen makrominerale en spoorminerale word dit nie aanbeveel om enkel spoor minerale alleen aan te vul nie. Indien ‘n kombinasieproduk gebruik word, moet egter ook seker gemaak word dat dit wel die essensiële spoorminerale in die korrekte verhouding (gebalanseerd) aanvul. Byvoorbeeld: Indien sink alleen aangevul word, word die lewer se koperstatus met 41% verlaag. Indien koper alleen aangevul word, word die lewer se koperstatus met 24% verhoog. Indien albei gelyktydig in die verhouding van 2 tot 3:1 (Zn:Cu) aangevul word, styg die lewer se koperstatus met 103%.

Maak dus by die keuse van ‘n produk seker dat dit al die belangrike spoorminerale bevat, dat dit in ‘n gebalanseerde verhouding volgens NRC-standaarde voorkom, dat dit in ‘n weefselvriendelike en hoogs biobeskikbare formule (EDTA) voorkom en dat die voordele daarvan in vleisbees-, voerkraal-, skaap- en Angorabokproduksiestelsels in Suid-Afrika en wêreldwyd deur middel van proewe bewys en ondersteun word. In Suid-Afrika word ‘n eg Suid-Afrikaans ontwikkelde inspuitbare spoormineraalaanvulling reeds vir 21 jaar suksesvol deur produsente gebruik.

Multimin + Se + Cu + Cr Cattle – Reg. Nr. G3371 (Wet 36/1947)
Multimin + Se – Reg Nr. G1853 (Wet 36/1947)
Multimin + Se Sheep – Reg. Nr. G1852 (Wet 36/1947)
Vervaardig en versprei deur: Virbac RSA (Edms) Bpk (Reg. Nr. 1990/003743/07)

Publication: March 2013

Section: Input Overview

Search