• Login
  • Search Icon

VER STAP NOU IETS van die verlede

April 2016

VER STAP NOU IETS van die verledeSA Graan/Grain redaksie

Besoekers kan weer uitkyk vir die ses trekkerwaentjies wat drie verskillende roetes (sien groen, blou en rooi stippellyne op Figuur 1) op die terrein sal diens. Daar sal vanjaar ook 'n waentjie wees wat net tussen die saadplotte en die Roodebank Saadkompleks loop.

Die waentjies stop by sekere punte op die onderskeie roetes (sien kleurblokkies op elke roete) om Oesdaggangers af te laai of ‘n geleentheid na elders op hul roete te bied. Kyk uit vir die bordjies op dié drie roetes en maak seker jy wag by die bordjies (daar is sitplek) vir die waentjie om jou op te pik.

Elkeen van die waentjies is gemerk met ‘n gekleurde plakker wat ooreenstem met die kleur van die roete op die terreinkaart.

VER STAP NOU IETS van die verledeSommige van die waentjies het twee gekleurde plakkers, wat aandui dat die waentjie in ‘n oorvleuelende gebied beweeg. Dié waentjies was verlede jaar vir die eerste keer by Graan SA se NAMPO Oesdag te sien. “Omdat NAMPO Park se gronde oor tyd wyd uitgebrei het, het ons besluit om hierdie diens aan besoekers te bied. Die vervoerstelsel is vir almal se gebruik, maar ons gee voorkeur aan ouer persone en mense wat moeilik loop,” het mnr Wim Venter (administratiewe beampte: Oesdag) gesê. Besoekers moet in gedagte hou dat vasgestelde roetes vir die trekkerwaentjies aangedui is waarvan glad nie afgewyk mag word nie.

Met hierdie stelsel kan meer persone dwarsoor die terrein met vervoer ondersteun word.

Publication: April 2016

Section: NAMPO

Search