• Login
  • Search Icon

Uit ‘n Argentynse perspektief: Wat kan Suid-Afrikaanse saaiboere verander?

August 2011

PIETMAN BOTHA, SENIOR LANDBOUNAVORSINGSKUNDIGE, GRAAN SA

Twee Argentynse navorsers van die Argentina National Institute of Agricultural Technology (INTA) het produsente in die somersaaigebiede gedurende Maart besoek. Hulle doel was om meer van Suid-Afrikaanse verbouingstelsels te kom leer  en ook om ondersoek in te stel na of die Argentynse verbouingstelsels hier in Suid-Afrika toegepas kan word.

Graan SA het hierdie navorsers na verskeie produsente in Mpumalanga, die Springbokvlakte, die Noordwes Provinsie en die Noordwes-Vrystaat geneem. Uit hierdie besoek het baie interessante voorstelle na vore gekom ten einde die Suid-Afrikaanse verbouingspraktyke van somergewasse aan te pas.

Direkte plant en grondbedekking
In Argentinië word direkte plant (no-till in oesreste) algemeen toegepas. Dié stelsel behels dat daar direk in oesreste geplant word en dat die grond minimaal versteur word. Die planters in Argentinië is meestal net met turbo- en snykouters toegerus en daar word verkies dat geen tande op planters gebruik word nie.

Kliek op https://www.grainsa.co.za/documents/SAGraan%20Aug%2011_Argentyne.pdf   vir die volledige artikel.

Publication: August 2011

Section: Other Articles

Search