• Login
  • Search Icon

Tom van Rooyen – as iets kontant geproduseer is, wil hy dit verkoop

June 2011

PIETMAN BOTHA, SENIOR LANDBOUNAVORSINGS KUNDIGE, GRAAN SA

Tom van Rooyen is ‘n seun van Potchefstroom wat op die familieplaas Rietkuil in die Potchefstroom-distrik groot geword het waar hy en sy vrou, Jackie, tans boer. Omdat Tom vroeg reeds besef het dat ‘n boerdery ‘n besigheid is, het hy verder studeer en sy BSc Landbou-ekonomie honneursgraad aan die Universiteit van Pretoria behaal.

In 1990 begin hy saam met sy pa, Mike, boer wat nie net sy mentor is nie, maar hom ook die belangrikheid van kontantboer asook finansiele dissipline leer.

Tom is ‘n boer wat baie versigtig is. Geen veranderinge en nuwe aksies word geimplementeer voordat hy nie alle moontlike inligting rondom die saak bymekaar gemaak, ontleed en bestudeer het nie. Hierdie aspek help dat verandering die huidige boerderystelsel bevoordeel en dat onnodige risiko’s beperk word. In sommige gevalle moet Tom wel riskante besluite neem, maar dan verkies hy dat dit altyd ‘n berekende risiko is.

Om ten alle koste uit te brei, kan veroorsaak dat finansiele probleme maklik ontstaan en daarom poog Tom om geduldig te wees met uitbreiding. Deur grond te koop sonder om die nodige kapasiteit te he om dit te bewerk, is moeilikheid soek en net so ook kan jy jouself in finansiele verknorsing laat beland deur masjinerie uit te brei sonder om dit optimaal te kan aanwend. Daarom kyk Tom strategies na die toekoms voordat uitbreidings aangegaan word.

Tans verbou Tom mielies, sonneblom, droëbone en tef op ‘n gereelde basis. Verder bestaan sy boerdery uit ‘n groot veevertakking waar daar hoofsaaklik Bonsmara-speenkalwers geproduseer word. Die voervloei van die veevertakking bestaan hoofsaaklik uit natuurlike veld, permanente weidings en oesreste.

Kliek op https://www.grainsa.co.za/documents/SA%20Graan%20Junie%202011_T%20v%20Rooyen.pdf  vir die volledige artikel.

Publication: June 2011

Section: Wenartikels

Search