• Login
  • Search Icon

Suig Suid-Afrika aan die agterspeen wat toegang tot die jongste saadtegnologie betref?

May 2014

image

CORNÉ LOUW, senior ekonoom: Bedryfsdienste, Graan SA en MARINDA VISSER, bestuurder: Bedryfsdienste, Graan SA

Suid-Afrika was een van die eerste lande ter wêreld wat GMO-saadtegnologie aangeneem en begin gebruik het. Soveel so dat ons agtste staan uit 27 lande wat GMO’s gebruik. Die geskatte area onder GMO’s vir mielies, sojabone en katoen in 2013 was 2,85 miljoen hektaar.

Hiervan was 2,364 miljoen hektaar onder mielies, 478 000 hektaar onder sojabone en 8 000 hektaar onder katoen. Dit beteken dat die aannemingskoers vir GMO’s in 2013 vir mielies 87% was en vir sojabone en katoen onderskeidelik 92% en 100%.

Hierdie statistiek toon dus aan dat produsente in Suid-Afrika GMO-tegnologie reeds vroeg aangeneem en begin gebruik het. Die vraag is egter of het Suid-Afrikaanse produsente toegang tot die nuutste GMO-saadtegnologie?

Tabel 1 en Tabel 2 dui die GMO-events aan wat onderskeidelik vir algemene vrystelling in Suid-Afrika en vir kommoditeitsklaring goedgekeur is (soos teen einde Januarie 2014). Indien ‘n event kommoditeitsklaring-goedkeuring het, mag dit ingevoer word vir voedsel en veevoer, terwyl ‘n event wat goedkeuring het vir algemene vrystelling, kommersieel aangeplant en in- en uitgevoer kan word.

image

image

Gesien uit die verskil tussen events wat goedgekeur is vir kommoditeitsklaring (40) en die events goedgekeur vir algemene vrystelling (16), is dit duidelik dat plaaslike produsente nie toegang het tot die jongste GMO-saadtegnologie wat aan produsente in ander lande beskikbaar is nie.

Dit is so dat van die GMO-tegnologiese eienskappe, soos wortelwurmweerstand, nie van toepassing is op Suid-Afrika nie. Dit kan een van die redes wees vir die groot verskil tussen events goedgekeur vir kommoditeitsklaring en events goedgekeur vir algemene vrystelling.

Daar is egter heelwat van die events wat goedgekeur is vir kommoditeitsklaring, maar nie vir algemene vrystelling nie en daarom nie vir plaaslike produsente beskikbaar is nie.

Graan SA beywer hom daarvoor om te sorg dat sy lede toegang het tot die jongste tegnologie om kompeterend te bly met die res van die wêreld en is daarom deurlopend met tegnologieverskaffers en regulatoriese amptenare in gesprek.

Dit is immers Graan SA se standpunt dat tegnologie wat nog nie vir plaaslike produsente beskikbaar is om te produseer nie, ook nie as kommoditeitsinvoere toegelaat behoort te word nie. Sodra dit toegelaat word, kompeteer Suid-Afrikaanse produsente op ‘n ongelyke speelveld met internasionale mededingers aan wie hierdie tegnologie reeds beskikbaar is.

Publication: May 2014

Section: Input Overview

Author: CORNÉ LOUW, senior ekonoom: Bedryfsdienste, Graan SA en MARINDA VISSER, bestuurder: Bedryfsdienste, Graan SA

Search