• Login
  • Search Icon

Suid-Amerikaanse oeste raak belangrik om voorraad aan te vul

December 2010

– 15 November 2010

PROF JOHAN WILLEMSE, SA GRAAN/GRAIN MEDEWERKER

Teen die middel van November was die VSA se oeste basies in die finale stadium van lewe ring. Daar is nou meer sekerheid oor waarheen voorraadvlakke op pad is en wat die verwagtinge is ten opsigte van die Suid-Amerikaanse oeste om die oliesade se  voorraadvlakke aan te vul nadat voorsiening vir die groei in die wêreldvraag gemaak is.

Daar is ‘n aantal faktore wat ‘n mens in ag moet neem met die siening vir die volgende jaar, wat tans daarop dui dat voorsiening van goeie oeste in die Suidelike Halfrond krities is. Die verloop van die weer in Suid-Amerika sal dus bepalend wees tot in Februarie volgende jaar.

Belangrike drywers
Die volgende faktor is natuurlik die hele kwessie van vraag (groei in die wêreld) en hoe groot die invoere van sojabone deur Sjina gaan wees. Normaalweg word verwag dat Sjina sowat 50 miljoen ton tot 55 miljoen ton sojabone per jaar invoer. Die tempo daarvan is egter belangrik, maar ook onvoorspelbaar. Intussen is daar ook ander opkomende ekonomieë waar die vraag na diereprodukte sterk groei (wat die vraag na oliekoek en voergraan dryf) en so ook die gebruik van kookolie in huishoudings, soos welvaart toeneem. Dit is ‘n sterk groeidrywer wat bly groei.

Die aanwending van hernubare plantaardige olie vir biobrandstof is ook ‘n vraagdrywer wat sterk groei. Intussen het die internasionale petroleumolieprys bly styg en dit was teen middel November net onder die /vat. Weer eens is dit groei in vraag in opkomende ekonomieë wat die vraag dryf en deels ook die prys.

Die wanbalans in die wêreld se geldstelsel en daarmee saam die invloed op wisselkoerse is ‘n groot drywer en tans ook ‘n groot onstabiliteitsrisiko. Die VSA het in November begin met ‘n tweede rondte van sogenaamde monetêre stimulasie van sowat 0 miljard.  Kortliks kom dit daarop neer dat die beskikbare geldvoorraad in omloop (dollars) met dié hoeveelheid vergroot gaan word deur hul Federale Reserwebank in verdere pogings om hul ekonomie te stimuleer. Daar is verskeie newe-effekte van die stap. Eerstens lei dit tot ‘n verswakking in die ruilwaarde van die dollar, wat beteken dat geldeenhede soos die rand versterk teen die dollar.

‘n Verdere faktor is dat beleggingsbestuurders in die VSA (asook banke) besef dat hul ekonomiese groeivooruitsigte swak is en dat werkloosheid op baie hoë vlakke is (sowat 10%) en dat huispryse kwesbaar bly vir verdere dalings. Die “ekstra” dollars word dus nie noodwendig gebruik deur Amerikaners om te bestee en hul fabrieke aan die gang te kry nie, want daar is onsekerheid.

Die gevolg is dat daar grootskaalse pogings is om die waarde van hul geld te beskermdeur in opkomende ekonomieë te belê (wat ons geldeenhede laat versterk en aandeelpryse laat styg). Die ander uitlaatklep is egter dat beleggingsfondse in onder meer landboukommoditeite hul geld se waarde verskans. Tabel 1 toon duidelik hoe die pryse die laaste jaar gestyg het. Diegene wat wel hul geld in kommoditeite geplaas het, het besonder goeie opbrengste verkry.

Kliek op  https://www.grainsa.co.za/documents/SAGraan%20Des%2010_Oliesade.pdf  vir die volledige artikel.

Publication: December 2010

Section: Markoorsig

Search