• Login
  • Search Icon

Suid-Afrika se oliesaadoeste daal

April 2010

– 22 Maart 2010

PROF JOHAN WILLEMSE, SA GRAAN/GRAIN MEDEWERKER

Suid-Amerika is besig om ‘n rekord sojaboon oes van sowat 118 miljoen ton te stroop – dit is bykans 30 miljoen ton meer as die vorige jaar se sojaboonoes van sowat 89 miljoen ton. Die groot toename in voorraad op wêreldmarkte in die komende weke sal sojaboonpryse laer laat neig. Vervoer en om die groot oes te verwerk en uit te voer, is tans die grootste knelpunt.

Brasilië is besig om ‘n sojaboonoes van 65 miljoen ton te stroop (teenoor verlede jaar se 57 miljoen ton) en Argentinië stroop tans ‘n oes van 53 miljoen ton (teenoor verlede jaar se 32 miljoen ton). Dit is veral die groter beskikbaarheid van sojabone uit Suid-Amerika wat gepers gaan word in die komende maande wat daartoe aanleiding gaan gee dat oliekoekpryse laer gaan beweeg (wat sojabone sal aftrek), terwyl die vraag na plantolie sterk bly en die premie van veral sonneblomolie bokant sojabone kan vergroot in die komende paar maande.

Die beskikbaarheid van sonneblom uit Oos-Europa het ook afgeneem, terwyl die beskikbaarheid van grondbone ook gedurende die volgende paar maande minder gaan wees as verlede jaar.

Kliek op  https://www.grainsa.co.za/documents/SAGraan%20April10_Oliesade.pdf  vir die volledige artikel.

Publication: April 2010

Section: Markoorsig

Search