• Login
  • Search Icon

Suid- en Wes-Kaap betree 'n nuwe era in die koringbedryf

September 2012

DR ANDRÉ MALAN, LNR-KGI, BETHLEHEM EN DR IAN HEYNS, LNR-KGI, STELLENBOSCH

Nieteenstaande die feit dat koringproduksie in Suid-Afrika op ‘n laagtepunt is, strewe die LNR-Kleingraaninstituut (LNR-KGI) om steeds gehalte kultivars vry te stel om die koringprodusent in staat te stel om met verminderde insetkoste en verbouingsrisiko’s koring suksesvol te kan verbou.

image

Die LNR-KGI het ‘n koringkultivarpakket met drie koringkultivars: Tankwa, Kwartel en Ratel ontwikkel, wat vir elke produsent in sy eie unieke produksiestelsel tot voordeel kan wees.

Tankwa, met sy uitstekende siekteweerstand teen die heersende roesrasse van stam-, blaar- en streeproes, maak dit ‘n uitstekende keuse vir produsente wat min of geen chemiese beheer op hulle plase wil gebruik. Dié kultivar is ook bekend vir sy stabiele hoë proteïen oor seisoene en word aanbeveel vir die Rûens.

Kwartel het nie dieselfde hoë genetiese weerstand teen al die heersende siektes nie en sal dus inpas by produsente wat wel verminderde chemiese beheer as deel van hulle produksiepraktyke gebruik. Hierdie kultivar het siekteweerstand teen blaar- en streeproes en beskik oor ‘n goeie opbrengspotensiaal en word aanbeveel vir die Rûens en Swartland.

Ratel het slegs weerstand teen stamroes, met ‘n uitstekende opbrengspotensiaal en word aanbeveel vir die Rûens en Swartland.

Al drie hierdie kultivars het goeie broodbakkwaliteitseienskappe en is op die lys vir aanbevole kultivars van die bakkers en meulenaars. Tans word dié kultivars in die Suid- en Wes-Kaap vermeerder deur All-gro saad en sal oor die volgende twee jaar kommersieel beskikbaar wees.

Vir enige navrae oor hierdie kultivars, kan dr Ian Heyns in Stellenbosch geskakel word by (021) 887-0045/6 of dr André Malan by 072 401 7536.

Publication: September 2012

Section: Input Overview

Search