• Login
  • Search Icon

Sonpompe - 'n maklike en betroubare oplossing

November 2013

ADINA LOUBSER, ALGEMENE BESTUURDER, SOLAR MAN CC

Die sonpompbedryf is lank reeds nie meer in sy kinderskoene nie. Diegene wat nie vertroud is met sonpomptegnologie nie, sal verseker aangenaam verras wees met die effektiwiteit, betroubaarheid, bekostigbaarheid en gemak van gebruik. ‘n Sonpomp is die maklike oplossing vir wildsuipings, veesuipings, boerdery- en huisgebruik.

Met die eenvoudige opstelling van een of meer sonpanele wat deur ‘n slim maximum power point tracker (MPPT) kontrolekas werk en van daar direk vir die sonpomp krag gee, word daar geen omsetters of batterye benodig nie. Terwyl ons so geseënd is met sonskyn in Suid-Afrika, is ‘n sonpomp definitief ‘n baie goeie keuse. Hierdie pompe kan vanaf 5 000 liter per dag lewer met ‘n kophoogte van 30 m tot en met meer as 20 000 liter per uur en tot en met kophoogtes van meer as 250 m. Daar kan basies aan enige behoefte voorsien word met ‘n sonpomp en wanneer die installasie eers gedoen is, is dit so eenvoudig soos ‘n skakelaar wat aangeskakel word en van daar af hardloop die pomp daagliks vanaf sonsopkoms tot en met sonsondergang.

Ons werk met positiewe verplasing pompe (wurm-/monopomp) en ook met sentrifugale pompe. Die onderhoud op hierdie pompe is minimaal. Daar is reeds talle produsente wat uitstekende resultate het met die sonpompe wat by hulle geïnstalleer is, vanaf klein pompe by wildsuipings tot en met pompe wat vir besproeiingsdoeleindes aangewend word.

Dit is ook reeds baie maklik om krag aan huishoudings te voorsien en daar is ‘n wye verskeidenheid van sonpanele, reguleerders, batterye en omsetters om in hierdie behoeftes te voorsien. Ons ontwerp die stelsels spesifiek volgens die behoefte van die kliënt.

Dit is wys om yskaste en vrieskaste wat baie min krag gebruik aan te skaf wat ideaal is vir gebruik met sonkragstelsels. Sonwaterverhittingseenhede maak deel uit van die huishoudelike stelsels en dit is die beste om na gasstowe oor te gaan vir kosmaakdoeleindes. Met hierdie veranderinge aangebring, kyk ‘n mens dan na stelsels tussen 5 kWh en 10 kWh wat voldoende is vir die gemiddelde huishouding.

image

Publication: November 2013

Section: Input Overview

Search