• Login
  • Search Icon

Só lyk die koringsaadpryse vir 2012

March 2012

CORNÉ LOUW, SENIOR EKONOOM: BEDRYFSDIENSTE, GRAAN SA

Koringaanplantings het die afgelope tien jaar uitermatig gedaal in die land
– van oor die 950 000 ha tot die 605 000 ha van die afgelope seisoen. Die daling in aanplantings was meestal in die noordelike produksiegebiede en kan toegeskryf word aan die toenemende risiko verbonde aan koringver-
bouing, veral in terme van klimaat sowel as swak winsgewendheid. Die koringplantseisoen is om die draai en die keuse van die regte kultivar is van kritieke belang om die produksierisiko vir koring tot ‘n minimum te beperk.

Saadpryse

Graan SA het ‘n verskeidenheid van saad- en landboumaatskappye genader om hul koringsaad-pryslyste vir die 2012 seisoen in SA Graan/Grain te publi-
seer (Tabelle). Saadpryse het sedert verlede jaar met gemiddeld 7,5% gestyg. Vir die noordelike produksiegebiede het saadpryse met gemiddeld 8,8% gestyg, terwyl pryse in die Wes-Kaap met 3% toegeneem het. Die inligting in die tabelle neem nie kortings vir vroeë bestellings en grootmaat-
aankope in aanmerking nie. Dit is belang rik om navrae by die saadmaat-
skappye self te doen om te verseker dat die beste moontlike prys beding word.

image

Kultivarkeuse

Belangrike riglyne om te volg wanneer kultivarkeuses uitgeoefen word:

  • Plant ‘n pakket van kultivars om risiko’s ten opsigte van agronomiese eienskappe, plaag- en siekteweerstand, valgetal en gradering te versprei.
  • Moenie ‘n staatmaker-kultivar summier met ‘n nuwe en onbekende kultivar vervang nie. Plant die nuwe/onbekende kultivar eers op ‘n kleiner skaal aan en maak seker dat dit aan persoonlike vereistes voldoen.
  • Raadpleeg die LNR-Kleingraaninstituut se handleidings vir koringver-
    bouing en verseker dat die kultivar onafhanklik geëvalueer en volgens eienskappe wat op die spesifieke plaas belang rik is, presteer. Raadpleeg die betrokke kundiges indien inligting ontbreek of onsekerheid bestaan. Waak daarteen om ‘n ongetoetste kultivar aan te plant.

image

image

Saadkwaliteit is kritiek

Goeie kwaliteit saad verbeter die kans op die suksesvolle vestiging van die gewas en ‘n goeie oes. Koringsaad kan in drie kategorieë volgens kwaliteit verdeel word, naamlik:

Gesertifiseerde saad
Dit is hoë-kwaliteit saad waarvan belangrike eienskappe, soos kiemkrag-
tigheid en suiwerheid teen relatief streng norme deur saadmaatskappye gewaarborg word. Indien produsente probleme met gesertifiseerde saad ondervind, kan ‘n saak uitgemaak word wanneer ‘n eis ter sprake kom. Dié tipe saad word deur erkende saad- en landbou maatskappye verskaf.

Kommersiële saad
Dit is saad van aanvaarbare tot goeie kwaliteit wat aan sekere vereistes
van die Plantver beteringswet voldoen. Die kwaliteitsvereistes is egter nie so streng soos vir gesertifiseerde saad nie. In die geval van ‘n saadprobleem sal ‘n produsent hom tot die Registrateur van die Plantverbeteringswet kan wend. Hierdie tipe saad word ook deur erkende saadmaatskappye en landboubesighede verskaf.

Teruggehoude saad
Teruggehoude saad is graan wat deur produsente uit die vorige oes teruggehou is om as saad in die volgende seisoen te dien. Dit is wettig, solank die graan nie as saad verkoop word nie. Produsente loop ‘n gevaar van produksie- en opbergingsrisiko’s indien teruggehoude saad gebruik word. Enkele probleme wat onder vind word, is byvoorbeeld die muf van saad indien té klam gestoor word, kalanderskade indien nie berook nie en swak ontkie mingsvermoë indien té warm opgeberg is. ‘n Produsent het geen eis of regsgronde ten opsigte van saadkwaliteit (en algemene prestasie van die kultivar) indien teruggehoude saad geplant word nie. Graan SA beveel dié praktyke nie aan nie.

Indien saad opgeberg word, behoort die saad volgens voorskrifte vir opberging skoongemaak word, skoon en suiwer gehou word, gedroog word asook koel en droog opgeberg word. Beroking om kalanders en ander graaninsekte te beheer, moet gedoen word en die saad moet veilig geberg word teen rotte en muise. Ontkiemings- en suiwerheidstoetse moet voor aanplanting gedoen word en die saad moet teen saadgedraagde siektes met geregistreerde plaagdoders behandel word.

image

Publication: March 2012

Section: Input Overview

Search