• Login
  • Search Icon

Só het Kongres besluit

May 2011

NICO VERMAAK, BESTUURDER: KORPORATIEWE DIENSTE, GRAAN SA

Na aanleiding van die besprekingspunte wat deur die afgevaardigdes by Graan SA se Kongres (in Maart vanjaar) bespreek is, is die volgende besluite geneem:

Ontwikkeling van ‘n geografiese produksieruimte vir akkerbougewasse in Suid-Afrika

Mnr Pottie Potgieter bespreek die volgende:

  • Graanprodusente is prysnemers en die enigste impak wat hulle op prysvlakke kan uitoefen, is die bestuur van oppervlakte graan aangeplant.
  • Die geweldige gaping tussen in- en uitvoerpariteitspryse noodsaak dat in teorie slegs voldoende graan aangeplant word om die binnelandse mark te voorsien in die hoop dat pryse na invoerpariteit sal beweeg. Graan SA publiseer jaarliks ‘n produksieruimte vir grane en oliesade vir die binnelandse mark. Hierdie data dien as riglyn ten einde produsente te ondersteun in hul produksiebeplanning.
  • Graanprodusente is egter nie ten gunste daarvan om produksie af te skaal nie.
  • Daar word aanbeveel dat Graan SA verbruikspunte, hetsy meulens, verwerkingsaanlegte, veevoerfabrieke en hawens identifiseer en dat produsente aangemoedig word om die benodigde grondstowwe vir hierdie aanlegte in daardie bepaalde produksiegebied te produseer, ten einde die koste van voorsiening aan die aanleg te minimaliseer. So byvoorbeeld kan geelmielieproduksie nader aan veevoerverbruikers en hawens vir uitvoere geproduseer word.
  • Daar word aanbeveel dat Graan SA versoek word om die ontwikkeling van ‘n geografiese gerigte produksieruimte vir akkerbougewasse in Suid-Afrika te ondersoek en produsente dienooreenkomstig van hierdie inligting te voorsien.

Besluit:  Dat Graan SA versoek word om die ontwikkeling van ‘n geografiese gerigte produksieruimte vir akkerbougewasse in Suid-Afrika te ondersoek en produsente dienooreenkomstig van hierdie inligting te voorsien.

Kliek op  https://www.grainsa.co.za/documents/SAGraan%20Mei%2011_Kongresbesluite.pdf  vir die volledige artikel.

Publication: May 2011

Section: Other Articles

Search