• Login
  • Search Icon

SADC-graanhandel - wat sê die data?

November 2015

WANDILE SIHLOBO, ekonoom: Bedryfsdienste, Graan SA en TINASHE KAPUYA, hoof: Handel en Beleggings, Agbiz

Die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SADC) bestaan uit 15 lidlande, wat Angola, Botswana, die Demokratiese Republiek van die Kongo (DRK), Lesotho, Madagaskar, Malawi, Mauritius, Mosambiek, Namibië, die Seychelle, Suid-Afrika, Swaziland, Tanzanië, Zambië en Zimbabwe insluit.

In 2014 was die streek se totale kommersiële verbruik van mielies, koring en sorghum 39 miljoen ton (FAO, 2015), teenoor ‘n streeksproduksie van 34 miljoen ton (FAO, 2015). (Koringverbruiksdata vir Botswana, die Seychelle en Swaziland ontbreek. Vir sorghum is data slegs vir Botswana, Suid-Afrika, Tanzanië en Zimbabwe beskikbaar.)

Oor die algemeen is die SADC-streek ‘n netto invoerder van bogenoemde graansoorte en die streek voer 8 miljoen meer in as wat dit na die wêreld uitvoer (ITC, 2015). Koring- en sorghum-invoere het onderskeidelik ‘n tekort van ,2 miljard en ,6 miljoen, wat egter gebalanseer word deur ‘n positiewe handelsbalans vir mielies, wat vir 6 miljoen verantwoordelik was. In hierdie artikel kyk ons kortliks na die streek se handelstruktuur vir hierdie kommoditeite.

SADC-mieliehandelstruktuur

Mielies word oral in die SADC-streek verbruik, met Suid-Afrika wat die grootste produsent sowel as verbruiker van mielies in die sub-streek is. Suid-Afrika produseer 42% en verbruik 37% van die streek se mielies. Ons was ook die voorste verskaffer van mielies aan streeksmarkte en het 75% van die streek se in voervereistes van 1,2 miljoen ton uitgevoer.

Die voorste invoerders was Zimbabwe, wat vir 23% van die totale streeksinvoere verantwoordelik was, Botswana (16%), Namibië (12%), Mosambiek (12%), Swaziland (7%), Lesotho (7%), Suid-Afrika (7%), Mauritius (6%), Angola (3%), DRK (2%), Malawi (2%), Madagaskar (1%), Tanzanië (0,2%), die Seychelle (0,2%) en Zambië (0,03%). Grafiek 1 illustreer die persentasie invoere van die jaarlikse verbruik van mielies per land.

SADC-graanhandel - wat se die data?

Die land in die streek wat die meeste van invoere afhanklik is, is Botswana, wat 83% van sy jaarlikse mielieverbruiksvereiste van 240 000 ton ingevoer het. Die voorste verskaffers aan die Botswana-mark was Suid-Afrika en Zambië. Die land in die streek wat die tweede meeste van invoere afhanklik is, is Namibië, wat 63% van sy jaarlikse mielieverbruiksvereiste van 200 000 ton ingevoer het.

Die grootste verskaffers aan Namibië was Suid-Afrika, Zambië en Indië. Lesotho was die derde grootste invoerland, met jaarlikse mielie-invoere wat 53% van sy jaarlikse mielieverbruik van 186 000 ton uitgemaak het. Die voorste verskaffer was weer eens Suid-Afrika. Swaziland het 43% van sy jaarlikse mielieverbruik van 175 000 ton ingevoer. Zimbabwe het 29% van sy jaarlikse mielieverbruik van 1,7 miljoen ton ingevoer. Die res van die SADC-lande se mielie-invoeraandeel was almal minder as 5% van hulle jaarlikse mielieverbruik.

SADC-koringhandelstruktuur

Die SADC-lidlande het in 2014, 9,8 miljoen ton koring vanaf die wêreldmarkte ingevoer (sien Grafiek 2). Die voorste invoerders van koring in die streek was Mosambiek, met ‘n invoeraandeel van 60% van die streek se totale koring-invoere. Hulle voorste verskaffers was Rusland, die Oekraïne, Australië, Kanada en Duitsland.

SADC-graanhandel - wat se die data?

Suid-Afrika was die tweede grootste koring-invoerder in die streek, met 19% van die totale SADC-koring-invoere. Die voorste verskaffers was Rusland, Duitsland, die Oekraïne, Kanada, Letland en Australië. Die derde grootste koring-invoerland in die SADC-streek was Tanzanië, met ‘n invoeraandeel van 9%. Tanzanië se voorste koringverskaffers was Rusland, Australië, Kanada, Duitsland en die VSA.

Die SADC-streek is ‘n netto invoerder van koring. Grafiek 3 toon dat Madagaskar, Malawi, Mosambiek, Angola, die DRK, Zimbabwe, Lesotho en Tanzanië in 2014 elkeen meer as 80% van hulle jaarlikse koringverbruik ingevoer het.

SADC-graanhandel - wat se die data?

Die tendens geld ook vir die Suid-Afrikaanse binnelandse koringmark. Suid-Afrika se koring- invoere as ‘n persentasie van verbruik, is in 2014 op 53% geraam. Zambië se koring- invoere as ‘n persentasie van jaarlikse verbruik, was 43% in 2014.

As gevolg van datagapings stel Grafiek 3 data vir slegs elf van die 15 lidlande voor.

SADC-sorghumhandelstruktuur

Die SADC-streek was in 2014 ‘n netto invoerder van sorghum (HS: Kode 1007), met totale invoere van 47 959 ton en totale uitvoere van 30 583 ton. Daar was ook databeperkings ten opsigte van die streeksverbruiksvlakke van sorghum. Grafiek 4 stel die 2014-handelsdata vir 13 van die 15 SADC-lidlande voor.

SADC-graanhandel - wat se die data?

Suid-Afrika was die voorste invoerder (20 445 ton) en uitvoerder (26 330 ton) van sorghum in die streek, met 61% van die streek se sorghumhandel. Botswana is die tweede grootste sorghum-invoerder in die SADC, met 38% van die streek se invoere. Botswana het die grootste tekort en hulle voer 17 842 ton meer in as hulle sorghumuitvoere van 283 ton.

Die derde grootste sorghuminvoerder is Zimbabwe, met invoervolumes van 6 011 ton. Swaziland is die vierde grootste invoerder, met ‘n invoervolume van 2 255 ton. Die vyfde grootste invoerder is die DRK, met ‘n netto handel van 1 378 ton.

Slotopmerkings

Die voorafgaande is ‘n kort oorsig van die SADC se mielie-, koring- en sorghumhandelsprofiel. Die streek was in 2014 ‘n netto uitvoerder van mielies, maar ‘n netto invoerder van koring en sorghum. Suid-Afrika is die grootste verskaffer van mielies aan ‘n aantal streeksmarkte, veral dié in die Suider-Afrikaanse Doeane-unie (SADU).

Koring word meestal deur Noord-Amerikaanse (VSA en Kanada), Europese (Duitsland en Letland) en Swartsee-lande (Rusland en die Oekraïne) verskaf. Ongeag die lae volumes het die SADC-sorghummark ook handel tussen lidlande sterk oorheers. Suid- Afrika is ‘n belangrike verskaffer van sorghum aan die voorste invoermarkte, soos Botswana, Zambië en Swaziland. Australië en die VSA was egter ook onder die belangrike verskaffers aan hierdie markte.

Publication: November 2015

Section: On farm level

Search