• Login
  • Search Icon

Saadgrootte beïnvloed nie kiemkragtigheid nie

March 2010

ESTIE DE VILLIERS, ASSISTENT-REDAKTEUR: SA GRAAN/GRAIN

Produsente het die afgelope plantseisoen dit onder Graan SA se aandag gebring dat dit voorkom of saad van veral nuwe mieliekultivars kleiner raak.

Volgens produsente is die kiem- en groeikragtigheid van die saad minder en plant die kleiner pitte glo ook moeiliker. Hulle kan dus nie so effektief plant soos wat hulle graag sou wou nie.

SA Graan/Grain het met van die grootste saad maatskappye gesels en gaan uitvind of hulle bewus is van die situasie.

Kiemkragtigheid nie die probleem by kleiner saad
Uit die ondersoek blyk dit dat kleiner saad wel ‘n tendens is, omdat die nuwe generasie basters enkelkruise is. Dié tipe basters produseer kleiner saad.

Kleiner saad het egter nie ‘n effek op kiemkragtigheid nie, maar dit kan wel groeikragtigheid beïnvloed. Groeikragtigheid word deur genetika bepaal.

Saadgrootte of -vorm (plat of ronde pitte) het ook nie ‘n invloed op plantdoeltreffendheid nie. Wat wel ‘n effek kan hê, is as daar ‘n variasie in saadeenvormigheid en -grootte in een saadbak is. Koop dus saad wat volgens internasionale standaarde gegradeer is om te verseker dat saadeenvormigheid en –grootte binne aanvaarbare parameters is.

Verder moet produsente seker maak dat hulle planters gekalibreer is en dat die korrekte saad plaat en lugdrukverstellings gebruik word.

Kliek op  https://www.grainsa.co.za/documents/SAGraan%20Maart10_Saadgrootte.pdf  vir die volledige artikel.

Publication: March 2010

Section: Wenartikels

Search