• Login
  • Search Icon

Risikobestuur vir die moderne produsent

July 2016

HANS SMIT, WeatherInDe, BVG

 

Die vinnige verandering in die wêreldekonomie en klimaatsom standighede het die hele landbousektor se horison vir ewig verander. Die vinnige verandering het baie produsente en landboumaatskappye onkant gevang en die dinamika in die landbousektor baie vinnig verander.

 

Risikobestuur was redelik effektief deur optimalisering en verbetering van boerderypraktyke en versekeringsbestuur. Die model het baie goed gewerk en produsente het die vrugte daarvan gepluk en hulle in staat gestel om met rasse skrede te groei.

Soos met enige faset van die lewe, gaan niemand verander as die reëls dieselfde bly nie, maar die massiewe wisselvalligheid in die weerpatrone, gekoppel aan groot valutaskuiwe en prysbewegings, het die spelreëls in die graanmark onomkeerbaar verander.

Finansiële risikobestuur het baie vinnig die groter faktor in die voortbestaan en winsgewendheid van die Suid-Afrikaanse graanprodusent geword. Dié klemverskuiwing het ook natuurlik die fokus binne maatskappye op risikobestuur begin plaas. Die fokus het vinnig die tekortkominge uitgewys, maar ook vir visionêre markleiers gewys dat die mark deur hierdie ongelooflike wisselvallige tyd rigting nodig het.

Wanneer dit by risikobestuur kom, is daar altyd verskeie aspekte waarna gekyk moet word. Die een gedeelte is om te beheer wat jy kan beheer (boerderypraktyke) en om dit wat jy nie kan beheer nie (prys en weer), só te monitor dat dit op ‘n intydse en dinamiese wyse bestuur kan word.

BVG verskaf al vir jare risikobestuurstelsels aan graanprodusente. Hulle het besluit om leiding in die mark te neem om stelsels te ontwikkel wat risikobestuur vir graanprodusente in die Suid-Afrikaanse mark vergemaklik. Die vertrekpunt van al hulle stelsels is: “Môre is ‘n week te laat”.

Dié vertrekpunt het hulle vinnig ‘n markleier gemaak in die voor siening van intydse stelsels aan produsente en dié handelaars wat hul posisies bestuur. Die maatskappy glo dat besluite geneem moet word op grond van die beste objektiewe inligting wat beskikbaar is en dat graanbemarking en risikobestuur ‘n deurlopende en geïntegreerde proses is.

Geen besluit kan in isolasie geneem word nie en daarom benodig produsente stelsels wat die verskillende aspekte op ‘n geïntegreer de wyse aanspreek. Die een stelsel wat BVG ontwikkel het om die basis van die hele risikobestuursproses te vorm, word die “Graan bemarkingsplan” genoem.

Dié stelsel gee die produsent die ge leentheid om die gelykbreekpunt van al sy kommoditeite te bepaal deur ‘n vinnige behoeftebe paling te doen. Die stelsel gee dan aan die produsent die geleentheid om sy verskeie strategieë te toets en te beplan.

JSE-posisies kan dus lewendig ingetrek word en nog hipotetiese transaksies kan bygevoeg word om “what if”-scenario’s te toets voordat hy enige daadwerklike besluite neem.

Dit gee aan die produsent ook die geleentheid om sy vaste posisies in te lees en sodoende die hele tyd ‘n globale prentjie van sy bemarking te verkry. Die sagteware word elke jaar deur ‘n kompetisie aan die publiek oopgestel. Die kompetisie is baie gewild en word deur groot rolspelers soos BKB GrainCo, JSE en Landbouweekblad ondersteun.

Intydse monitering van ‘n produsent se JSE-posisies is natuurlik ook van kardinale belang. Dit het die maatskappy genoop om hul analise- en moniteringsagteware mobiel te maak. Dit is nou vir kliënte moontlik om via die internet of hul slimfoontoepassing hul posisies en kontantvloei intyds te monitor en die heeltyd op hoogte te bly van hul posisies. Dit kan produsente baie meer proaktief maak in hul besluitneming. Subjektiewe opinies bly ‘n baie groot dryfveer van prysbeweging in die mark en dit het BVG genoodsaak om met ‘n navorsingsprojek te begin om meer objektiewe inligting in die mark in te bring. Die projek sluit die uitrol van ‘n netwerk van weerstasies deur die somerreënvalgebied in. Die weerstasies voorsien hulle van weerdata wat uurliks na die databasisse afgelaai word. Die weersensors wat gebruik word, verskaf aan hulle temperature, lugdruk, humiditeit, hael, sonstraling en reënvaldata wat baie minder deur wind beïnvloed word. Die weerstasies is ook toegerus met ‘n kamera wat elke dag foto’s van die graan neem.

Die intydse weerdata voorsien aan ons kliënte natuurlik ook die geleentheid om op ‘n objektiewe wyse na die reënvalpatrone in die land te kyk en nie net op opinies staat te maak nie. Die data word dan deur BVG se navorsingspan gebruik om gewassimulering te doen en die kliënt deurlopend in te lig wat betref die stres wat die grane beleef en wat die geskatte effek daarvan op opbrengs gaan wees.

Inligting word gevolglik deur die kliënt gebruik om die samestelling van sy JSE-posisie aan te pas en gee aan die produsent die nodige inligting om vroegtydig op te tree, siende dat hy vroeër ‘n realistiese idee van opbrengs begin kry.

 

Meer oor Weer Indeks Afgeleides

Vir dié lesers wat nie vertroud is met Weer Indeks Afgeleides (WIA) nie, plaas ons graag hier ‘n kort opsomming:

Weer Indeks Afgeleides is ‘n kontrak wat tussen twee partye aangegaan word – met ‘n paar spesifieke vereistes. Die vereistes is baie eenvoudig. Eerstens word die logistieke bepaal. Dit sluit in die tydperk van die kontrak (kontraklengtes tussen drie en 365 dae), die ligging van die voorgenome meting en wat gemeet gaan word: Reënval, temperatuur en genormaliseerde verskil in vegetatiewe indeks (normalised difference vegetation index [NDVI]).

Die volgende stap is dan om op die waardes te besluit waarvolgens uitbetaling sal geskied (tref-waarde) en die hoeveelheid wat uitbetaal sal word vir elke gemete eenheid (tick-waarde). Die kliënt betaal die premie en uitbetaling geskied na die afloop van die kontrak indien daar ‘n uitbetaling moet geskied.

Byvoorbeeld: ‘n Kliënt benodig 50 mm reën vir Januarie 2017 en kom ooreen om ‘n uitbetaling van R50 000 te ontvang vir elke millimeter reën wat dit minder as 50 mm reën gedurende die tydperk, met ‘n maksimum kontrakwaarde van R1 000 000. In dien dit gedurende Januarie 2017 meer as 50 mm reën, is daar geen uitbetaling nie, maar vir elke millimeter minder as 50 mm, ontvang die kliënt R50 000 (sien Grafiek 1 vir uitbetalingswaardes).

Risikobestuur vir die modern produsent

Weerverskansing

 

WeatherInDe is ‘n dinamiese firma wat deur BVG geloods is om die hoofrisiko van enige produsent – naamlik reënval en temperatuur – aan te spreek.

 

Die eerste vraag op almal se lippe is: “Hoekom wil jy jouself teen weer verskans as daar alreeds versekering is?” Dit is ‘n baie relevante vraag. Alhoewel die ooglopende doel van weerverskansing en ver sekering dieselfde lyk, is die toepassing daarvan totaal verskillend.

Gewone multirisikoversekering is ‘n uitstekende produk wat al vir dekades in gebruik is en wonderlik is om te gebruik om katastrofiese gebeure te onderskep, maar Weer Indeks Afgeleides (WIA) se toepassing is baie wyer.

Weer Indeks Afgeleides stel die produsent in staat om sy weerrisiko op ‘n baie meer direkte wyse aan te spreek. Die blote feit dat die uitbetalings nie gekoppel is aan skade nie, maar aan ‘n indeks, skep ewe skielik vir produsente ‘n geheel nuwe geleentheid om hul risiko te verskans. Kom ons kyk na ‘n paar voorbeelde:

‘n Produsent benodig voor einde November ‘n sekere hoeveelheid reën om te plant. Indien dit minder as dit gereën het, wil die produsent sy lande laat oorlê. Om sy lande te laat oorlê, kos geld, so hy koop ‘n reënvalopsie vir die tydperk om hom teen te min reën te verskans. Indien dit te min reën, kry hy outomaties ‘n uitbetaling en hy kan sy lande laat oorlê. Indien hy wel genoeg vog gekry het en geplant het, is sy volgende risikotydperk Februarie tot Maart.

Sy graan lyk goed, maar as hy nie reën kry nie, gaan hy van ‘n uitstekende oes na ‘n gemiddelde oes skuif. Dan koop hy ‘n reën valopsie vir Februarie en Maart. Dit verseker dat hy, as dit nie reën nie, ekstra geld uitkry – alhoewel sy oes nog steeds ondergemiddeld is.

Die uitbetaling is op die reënval gebaseer en nie op die opbrengs nie. Dieselfde beginsel geld dan ook vir verskansing teen hoë temperature gedurende bestuiwing. Die opsie betaal uit wanneer die temperature vir ‘n sekere tydperk ‘n sekere drumpel oorskry het.

Dit gee aan produsente nou die geleentheid om heeltemal anders oor risikobestuur te begin dink. Produsente is nie meer uitgelewer aan die weer nie en kan nou proaktief begin optree om hulle teen weer te verskans.

Weer Indeks Afgeleides is gekoppel aan ‘n gemete indeks en nie aan skadevergoeding nie. Daarom kan dit deur veeprodusente ook gebruik word om ekstra geld vir veevoer gedurende baie droë periodes te genereer. Vrugteprodusente kan hulself ook teen hitte en reënval beskerm.

Weer Indeks Afgeleides bied dus aan die hele landbousektor die geleentheid om hulle klimaatrisiko aan ‘n derde party te verkoop.

Vir meer inligting oor WeatherInDe se Weer Indeks Afgeleides en BVG se reeks van produkte, kontak ons gerus by info@weatherinde. net of admin@bvg.net.

 

Publication: July 2016

Section: Relevant

Search