• Login
  • Search Icon

Pannar gee oplossing vir weidingskopseer

November 2012

ANSONÉ VENTER, SA GRAAN/GRAIN MEDEWERKER

image

Talle produsente het op 5 September na die Rietgat proefplaas buite Lichtenburg gestroom, om te hoor wat Pannar en NWK se kundiges oor aangeplante weiding te sê het.

Meer as 200 produsente van verskeie streke is vanjaar die geleentheid gebied om die proefplaas te besoek en verskillende opsies te oorweeg om hul diere met aangeplante weiding te voed. Volgens mnr Jan Coetzer, weidingsprodukbestuurder: Pannar Saad, is dié dag die grootste van sy soort. “Ons probeer om jaarliks iets ekstra vir die produsente wat dit bywoon, te gee. Daar is elke jaar ander sprekers wat help om meer waarde tot die dag toe te voeg.”

Mnr Deon van Rooyen, besturende direkteur: Pannar Saad, het van die geleentheid gebruik gemaak om produsente te verseker dat Pannar deur middel van voortdurende navorsing en ontwikkeling sal voortgaan om produkte van hoogstaande gehalte aan hul klante te lewer.

Publication: November 2012

Section: Other Articles

Search