• Login
  • Search Icon

Owerheidsondersteuning – die sleutel tot koringproduksie

February 2010

WESSEL LEMMER, SENIOR EKONOOM: MARK NAVORSING, GRAAN SA

Die hektare onder koringproduksie het sedert die negentigerjare in Suid-Afrika skerp afgeneem. Die hektare aangeplant het gedurende die negentigerjare gedaal van 1,5 miljoen hektaar tot ongeveer 650 000 hektaar.

Terwyl Suid-Afrika as ‘n land in terme van koringhektare agteruit boer, is ontwikkelde lande in die wêreld in staat om hul koringproduksie te handhaaf. Die wêreldmark vir koring word weens die surplusproduksie uit hierdie lande oorvoorsien. Die gevolg is dat die wêreldprys vir koring teen buitengewone lae vlakke verhandel.

Koring-invoere uit Duitsland
Suid-Afrika het gedurende die 2008/2009-bemarkingsjaar 515 000 ton koring vanaf Duitsland ingevoer. Die invoere uit Duitsland het ongeveer 42% van Suid-Afrika se totale koringinvoere uitgemaak. Sedert die 2009/2010-bemarkingsjaar op 1 Oktober 2009 begin het, het Suid-Afrika reeds 259 856 ton koring uit Duitsland, die VSA, Oekraïne, Kanada en Australië ingevoer.

Die hoeveelheid koring wat gedurende Oktober en November 2009 uit Duitsland ingevoer is, beloop 172 816 ton of 66% van die totale koringinvoere vir die nuwe bemarkingsjaar. Duitsland is dus ‘n belangrike handelsvennoot in terme van koringinvoere.

Winsgewendheid van koringverbouing in Duitsland
In Duitsland word koring as wisselbougewas saam met suikerbeet, aartappels en mielies verbou en is die verbouing van koring volgens die Deutsche Bauernverband nie winsgewend nie. Ten spyte daarvan dat koringproduksie nie winsgewend is nie, is die produksie van koring in Duitsland volhoubaar danksy owerheidsondersteuning.

Volgens die Deutsche Bauernverband is die produksiekoste van koring in die Rynlandstreek tussen 180 €/ton - 190 €/ton terwyl die gemiddelde produsenteprys tot 100 €/ton gedaal het. Teen 102 €/ton gryp die Duitse regering in om te verhoed dat pryse laer daal.

Click on  http://php.grainsa.co.za/documents/SAGraan%20Febr10_Koring%20Owerheidsondersteuning.pdf  for the complete article.

Publication: February 2010

Section: Wenartikels

Search