• Login
  • Search Icon

Optimaliseer jou kuddebestuur vir meer wins

February 2011

HENNIE DU TOIT, VEEKUNDIGE, LANDBOUBESTUURS DIENSTE, NWK

In enige boerderyvertakking is die winsgewendheid deesdae uiters laag. Volgens me Martina Benade van Agri SA het die ruilvoet vir diereproduksie gedurende die 2009/2010-seisoen met meer as 4,5% gedaal. Dit is die syfer wat aandui hoe die produsentepryse met die pryse van boerderybenodigdhede tred hou. Vanaf 2006/2007 daal hierdie syfer redelik konstant elke jaar.

Dit beklemtoon die feit dat die veevertakking onder druk is om meer winsgewend te wees. Die kosteknyptang en vrye mark het ook ‘n rol gespeel om die produsent te noop om meer winsgewend te produseer. Dit kan net gebeur indien die produsent sy kennis en bestuur opknap om sy kudde meer volhoubaar te laat produseer.

Verskeie faktore speel ‘n rol om die kuddebestuur te optimaliseer. Die meeste van die faktore sal in hierdie artikel en die opvolgartikel kortliks bespreek word.

Kuddesamestelling
Die belangrikheid van die kuddesamestelling is om seker te maak dat die produserende diere nie ‘n té klein proporsie van die totale kudde uitmaak nie. Teelkoeie behoort, in die geval van kuddes wat nie kudde bou nie, sowat 42% tot 50% van die totale aantal diere te wees en dragtige verse sowat 16%. Die res bestaan uit kleiner vervangingsverse, bulle en ongespeende kalwers.

Kliek op  https://www.grainsa.co.za/documents/SAGraan%20Feb%2011_Kuddebestuur.pdf  vir die volledige artikel.

Publication: February 2011

Section: Other Articles

Search