• Login
  • Search Icon

Op pad Pretoria toe — só verloop die skuif sover

December 2011

image

SA GRAAN/GRAIN REDAKSIE

Die nuwe Graan SA-gebou in Pretoria nader voltooiing. Die teikendatum hiervoor is 1 Desember 2011. ‘n Netwerk van verskeie kontrakteurs het saamgespan om alle stelsels teen die keerdatum aktief en operasioneel te laat funksioneer.

Die verhuising van personeel, meubels en toerusting word in Desember afgehandel met die doelwit om teen begin Januarie 2012 met werksaamhede te begin.

PERSONEELSAKE

Graan SA se personeel sal voortaan soos volg gestasioneer wees:

Verhuis na Pretoria

Die personeel van Bedryfsbediening, Finansiële Dienste, Korporatiewe Dienste en Openbare Betrekkinge sal in die toekoms in Pretoria gestasioneer wees.

Bedryfsbediening

  • Corné Louw, senior ekonoom: Insette
  • Wessel Lemmer, senior ekonoom: Marknavorsing
  • Petru Fourie, landbou-ekonoom: Insette en Produksie
  • Barrett Schoeman, landbou-ekonoom: Markomgewing

Finansiële Dienste

  • Philip Smith, bestuurder: Finansiële Dienste
  • Stien le Roux, debiteure klerk

Korporatiewe Dienste

  • Nico Vermaak, bestuurder: Korporatiewe Dienste
  • Patricia Mahlatsi, skakelbordoperateur/Ontvangs

Openbare Betrekkinge

  • Marna Swart, skakelbeampte

Bly op Bothaville

Die personeel van Landbou-Ontwikkeling en Kommersiële Dienste (wat onder andere vir die NAMPO Oesdag verantwoordelik is) sal op Bothaville in die huidige kantore aanbly.

Beëindig diens

Die volgende personeel het skeidingspakkette aanvaar:

  • Pietman Botha, senior landbounavorsingskundige (diens eindig 31 Desember 2011)
  • Christa de Wet, komiteebeampte (diens eindig 31 Augustus 2011)
  • Leoni Ferreira, sekretaresse van bestuurder: Korporatiewe Dienste (diens eindig 31 Oktober 2011)
  • Nico Hawkins, bestuurder: Bedryfsbediening (diens eindig 31 Desember 2011)
  • Héleen Leather, netwerktoesighouer (diens eindig 31 Desember 2011)
  • Hannetjie Saaiman, assistent-rekenmeester (diens eindig 31 Desember 2011)

Gerhard van der Westhuizen, personeelbeampte, het bedank (diens eindig 31 Desember 2011).

Nuwe aanstellings

Dié persone is nuut aangestel by Graan SA:

  • Mpho Sekati, assistent-rekenmeester (begin 1 Oktober 2011)
  • Anelda Craffert, krediteure klerk (begin 24 Oktober 2011)
  • Naas Gouws, individuele boerderyondersteuning van studiegroeplede en aanbieding van opleidingskursusse: Ontwikkelende Landbou (begin 1 November 2011)
  • Dr Marinda Visser, bestuurder: Bedryfsbediening (begin 1 Januarie 2012) – Sien ook Standpunt op bladsy 23.
  • Elda-Beth van den Berg, sekretaresse van bestuurder: Korporatiewe Dienste (begin 1 Januarie 2012)
  • Nydia Odendaal, komiteebeampte: Korporatiewe Dienste (begin 1 Januarie 2012)

image

Graan SA se fisiese adres in Pretoria is Gebou C, Alenti Kantoorpark, Witheriteweg 457, The Willows, Pretoria.

Publication: December 2011

Section: Other Articles

Search