• Login
  • Search Icon

Ontmoet die 2016 Graan SA/Syngenta Graanprodusent van die Jaar-finaliste

September 2016

ALZENA GOMES, skakelbeampte: Graan SA

Met opgewondenheid en ‘n goeie skoot trots daarby, vat ons jou op ‘n visuele toer na die 2016 Graan SA/Syngenta Graanprodusent van die Jaarfinaliste. Die bekendmaking van dié titel, wat op 14 Oktober 2016 in Midrand plaasvind, is die 17de van sy soort en ‘n ware vertoonvenster vir die uitmuntende graanprodusente van Suid-Afrika.

Die toekenningsgeleentheid gaan hierdie jaar ook aangewend word om die Graan SA/Absa/John Deere Financial Nuwe Era Kommersiële Boer van die Jaar aan te kondig om sodoende opkomende kommersiële graanproduksie ten volle ten toon te stel en die doeltreffendheid en passie van elke genomineerde te illustreer.

Die glinsteraand bied Graan SA verder die geleentheid om suksesvolle graanproduksie te vier – selfs te midde van die uitdagende, droë seisoen wat die oorgrote meerderheid van produsente geraak het. Geniet die uitstappie na ons 2016-finaliste – wat strek van die mooie Riversdal in die Suid-Kaap, na die unieke Orania in die Noord- Kaap tot by die vrugbare grond op Delmas, Mpumalanga. Hou ook die November-uitgawe van die tydskrif dop vir ‘n blik op die galatoekenningsaand wat beloof om vol swier en prag te wees.

‘n Groot dankie aan ons borge waarsonder die spoggeleentheid nie moontlik sou gewees het nie:

image

Ontmoet die 2016 Graan SA/Syngenta Graanprodusent van die Jaar-finaliste

Ontmoet die 2016 Graan SA/Syngenta Graanprodusent van die Jaar-finaliste

Ontmoet die 2016 Graan SA/Syngenta Graanprodusent van die Jaar-finaliste

Ontmoet die 2016 Graan SA/Syngenta Graanprodusent van die Jaar-finaliste

Ontmoet die 2016 Graan SA/Syngenta Graanprodusent van die Jaar-finaliste

Ontmoet die 2016 Graan SA/Syngenta Graanprodusent van die Jaar-finaliste

Publication: September 2016

Section: Grain SA

Search