• Login
  • Search Icon

Onstabiele produksietoestande in Noordelike Halfrond het markte op mespunt

June 2011

– 22 Mei 2011

PROF JOHAN WILLEMSE, SA GRAAN/GRAIN MEDEWERKER

Die Noordelike Halfrond se huidige graan- en oliesaadproduksieseisoen verloop glad nie goed nie. Planttyd word gekenmerk deur bonormale nat en koue toestande in die VSA en Kanada, terwyl dele in Europa gekenmerk word deur droë en warm weer.

Dit word toegeskryf aan een van die sterkste La Nina-verskynsels in die jongste geskiedenis. In die geval van oliesade, is die verloop van die nuwe produksieseisoen in die VSA en Kanada belangrik vir die wereldaanbod van sojabone en kanola, terwyl die voormalige Russiese republieke toenemend besig is om te ontwikkel in groot sonneblomsaad en -produkuitvoerders.

Vertragings
Voorraad tot verbruik van sojabone in die VSA is op multi-dekade laagtepunte, terwyl produsente verkies het om eerder mielies in die VSA te plant, weens gunstiger wins per hektaar op die gewas. Die besluit is egter besig om skeef te loop, waar mielie-aanplantings in die VSA teen middel-Mei slegs 63% voltooi was, teenoor die 87% van die vorige jaar en die langtermyn gemiddeld van 75%. Daar is ‘n groot risiko dat mielies nie betyds geplant sal kan word nie en dat opkoms baie stadig is, weens die koue en nat toestande.

Dit verhoog die risiko's ook vir later in die seisoen. Die volgende opsie vir VSA produsente is om, waar moontlik, op grootskaal na sojaproduksie te swaai om enigsins ‘n oes in die grond te kry. Teen middel-Mei was daar in belangrike VSA sojaboonproduksiestate slegs sowat 5% - 15% geplant, teenoor die norm van 30% - 40%. Die hele produksieseisoen is agter skedule, met risiko's wat gaan voortduur in die volgende weke.

Kliek op  https://www.grainsa.co.za/documents/SA%20Graan%20Junie%2011_Oliesade.pdf  vir die volledige artikel.

Publication: June 2011

Section: Markoorsig

Search