• Login
  • Search Icon

Oliesade-vraag oorskry aanbod

January 2011

– 6 Desember 2010

PROF JOHAN WILLEMSE, SA GRAAN/GRAIN MEDEWERKER

Pryse van oliesade en graan het aan die begin van Desember verder gebokspring op internasionale markte soos wat onstabiele weer in Suid-Amerika (droogte) en Australië (vloede) markte senuweeagtig maak met internasionale voorraadvlakke wat aan die krimp is vir die meeste graan en oliesade. Gedurende die afgelope jaar van Desember 2009 tot Desember 2010 het internasionale sojaboonpryse met 23% gestyg, dié van sonneblomsaad met ‘n allemintige 56% en dié van grondbone met 27%. Ons is weer stewig op pad na die rekordprysvlakke van Oktober 2008 wat internasionale prysvlakke aanbetref. Tabel 1 toon van hierdie prysstygings.

So byvoorbeeld het “The Economist” se voedselprysindeks van wêreldmarkte, die afgelope jaar met 19,4% gestyg. In Suid-Afrika is voedselinflasie nog nie ‘n probleem nie weens die sterk rand (onder die R7/$) wat die stygings in internasionale pryse teenwerk en in sommige gevalle invoerpryse stabiel gehou het. Daar is egter heelwat pogings van die kabinet aan die gang, al is dit net uitsprake dat die rand te sterk is vir die Suid-Afrikaanse ekonomie.

Dit hang saam met die sogenaamde internasionale wisselkoersoorlog wat tans aan die gang is. Dit is die gevolge van 2008 se skuldkrisis wat verder uitkring – regerings kan nie hul staatskuld diens nie en die Amerikaners is op groot skaal besig met geldskepping wat die waarde van die dollar laat daal (hulle wil hul skuld terugbetaal met goedkoop dollars). In Suid-Afrika het ons tans die laagste rentekoersvlak in 30 jaar as deel van die poging om die internasionale onstabiliteit te probeer bestuur.

Kliek op  https://www.grainsa.co.za/documents/SAGraan%20Jan%202011_Oliesade.pdf  vir die volledige artikel.

Publication: January 2011

Section: Markoorsig

Search