• Login
  • Search Icon

Oliesade-oorsig: Onsekerheid en markskokke hou pryse volatiel

April 2011

22 Maart 2011

PROF JOHAN WILLEMSE, SA GRAAN/GRAIN MEDEWERKER

Die wêreldmarkte het verskeie skokke in Maart beleef, wat tot groot prysvolatiliteit aanleiding gegee het op finansiële en kommoditeitsmarkte middel-Maart (met die skrywe van die artikel).

Die gebeure in Japan het markte geskok en groot geldvloei het plaasgevind – wat wisselkoerse laat bokspring het en beleggers/ spekulante uit kommoditeitsmarkte gejaag het. Fondse het winste begin neem op hul posisies en met die groot onsekerheid het graan- en oliesaadpryse skerp gedaal.

Die rand-wisselkoers het ook verswak, maar dit sal riskant wees om van die groot prysonstabiliteit gevolgtrekkings te maak. Dit onderstreep net die feit dat alle markte in ‘n erge onstabiele fase is terwyl ons oestyd nader.

Afgesien van die markskokke, was daar ook ‘n geneigdheid vir pryse om laer te beweeg soos wat daar meer sekerheid oor die Suid-Amerikaanse oeste is, terwyl die aanduidings is dat die plaaslike sojaboon- en sonneblomoeste kleiner gaan wees as wat aanvanklik verwag is.

Daar is heelwat verwerkingskapasiteit die afgelope jaar geskep, wat beteken dat die verwerking van die plaaslike oliesaadoeste vir olie en oliekoek nie ‘n probleem sal wees nie. Die plaaslike persers kyk wel noukeurig na die beskikbaarheid en relatiewe pryse van plaaslike sojabone en sonneblomsaad teenoor die prys van ingevoerde, verwerkte
produkte.

Volledige artikel

Publication: April 2011

Section: Markoorsig

Search