• Login
  • Search Icon

Nuwe SA rekord: sojaboonoes groter as sonneblomoes

June 2010

– 23 Mei 2010

PROF JOHAN WILLEMSE, SA GRAAN/GRAIN MEDEWERKER

Die aanbod van die belangrikste sewe oliesade in die wêreld word verwag om heelwat groter te wees in 2009/2010 as die vorige jaar. Die jongste beramings dui op ‘n produksie van sowat 429 miljoen ton teenoor die vorige jaar se 386 miljoen ton.

Hoewel verwerking toegeneem het na ‘n geraamde 407 miljoen ton, gaan daar ‘n opbou van voorraad wees van 59 miljoen ton verlede jaar, na sowat 82 miljoen ton hierdie jaar. Die toename in voorraad laat dollarpryse daal (soos Tabel 1 aandui). Die resultaat van groot soja-oeste is dat die voorraad tot verbruiksverhouding toegeneem het van 14,9% verlede jaar tot 20% – waarvan sojabone sowat 86% van die oordragvoorraad beloop. Sojabone se aanbod is ook sowat 60% van die sewe belangrike oliesade, soos in Tabel 2 getoon.

Die verloop van sojaboonoeste in die wêreld is dus die groot drywer van voorraadvlakke en uiteindelik pryse. Een van die redes waarom sojaboonproduksie so skerp gestyg het die laaste paar jaar, is groot uitbreidings in produksie in Suid-Amerika, maar ook opbrengsverhogende tegnologie (hoofsaaklik GM) wat opbrengste van sojabone baie vinniger laat styg as dié van byvoorbeeld grondbone en sonneblomsaad. Die tendens gaan nog vir ‘n hele paar jaar aanhou en dit is vir produsente die moeite werd om sojabone te plant weens die vinnige vordering in tegnologie van saadmaatskappye en die stygende opbrengste en dus inkomste.

Suid-Afrika het ook vinnig by die tendens ingeval: vir die eerste keer in die geskiedenis is die Suid-Afrikaanse sojaboonoes van 588 000 ton (20 Mei) groter as die sonneblomoes van 508 000 ton. Hierdie is ‘n baie belangrike gebeurtenis en die tendens sal aandag verg want dit gee aanleiding tot heelwat struktuurveranderinge wat in die volgende paar jaar momentum gaan kry.

Kliek op  https://www.grainsa.co.za/documents/SAGraan%20Jun10_Oliesade.pdf  vir die volledige artikel.

Publication: June 2010

Section: Markoorsig

Search