• Login
  • Search Icon

Nuwe karperde vat voor by sorghum

October 2016

ESTIE DE VILLIERS, redakteur: SA Graan/Grain

Graan SA se Sorghumwerkgroep het sedert Augustus vanjaar 'n nuwe voorsitter en ondervoorsitter.

Mnr Willem Groothof (Graan SA-hoofbestuurslid vir Streek 13, wat in die Settlers-omgewing boer) is tydens die vergadering op 17 Augustus vanjaar tot voorsitter van dié werkgroep verkies nadat mnr Louis Claassen aangekondig het dat hy uittree. Mnr Ebert du Plessis (Platrand) is tot ondervoorsitter verkies.

Baie dankie aan Claassen wat die werkgroep die afgelope klompie jare gelei en die bedryf gedien het.

Kontak Groothof en/of Du Plessis gerus oor alle sorghumaangeleenthede. Groothof is beskikbaar by 082 938 9093 of willem@willand.co.za en Du Plessis by 082 388 1899 of setaria@standerton.co.za.

Nuwe karperde vat voor by sorghum

Publication: October 2016

Section: Grain SA

Search