• Login
  • Search Icon

Nico Hawkins aangestel as nuwe hoofbestuurder van Sagis

April 2012

SA GRAAN/GRAIN REDAKSIE

Mnr Jannie de Villiers (voorsitter van Sagis) het in Februarie bekend gemaak dat mnr Nico Hawkins vanaf 1 April 2012 aangestel is as die hoofbestuurder van die Suid-Afrikaanse Graaninligtingsdiens (Sagis). Die huidige hoofbestuurder, me Anna Enslin, tree af op 31 Maart 2012.

nico

Hawkins het sy honneursgraad in Landbouekonomie in 1979 aan die Universiteit van Pretoria behaal. Hy was die afgelope twaalf jaar in diens van Graan SA, eers as senior ekonoom: Marknavorsing en vanaf 2006 as bestuurder: Bedryfsdienste. “Nico was ook betrokke by die stigting van Sagis tydens die oorgangsperiode na die vryemarkstelsel. Sy aanstelling sal ‘n aanwins vir die bedryf wees en Sagis se betroubare inligting en die integriteit van die inligting sal onder sy bekwame leiding steeds as die betroubaarste bron van graaninligting gereken kan word.

“Anna het sedert 1997 uitstekende diens as hoofbestuurder aan Sagis en die graanbedryf gelewer. In so ‘n mate dat Sagis die mylpaal behaal het om internasionaal erken te word as die beste agronomiese verskaffer van betroubare, tydige inligting. Die bedryf sal haar insette mis,” het De Villiers gesê.

Publication: April 2012

Section: Other Articles

Search