• Login
  • Search Icon

Zita wil direk met boere praat

15 Mar 2012
Die direkteur-generaal van landbou, mnr. Langa Zita, was verstom om by boere te hoor hulle steier onder elektrisiteitskoste en hulle sukkel om toegang tot lenings te kry. Volgens hom dra bedryfsleiers nie hierdie inligting aan hom oor nie. Zita het ’n lang lys uitdagings waarmee boere worstel, neergeskryf en onderneem om teen Mei terugvoering aan die boere te gee oor wat die Regering kan doen om te help. Dit sluit in grondhervorming, Land Bank-lenings en die ho? elektrisiteit- en brandstofkoste.

http://www.landbou.com/nuus/nuus-artikel/zita-wil-direk-met-boere-praat