• Login
  • Search Icon

Zim-huis in Kaap opgeveil vir boere

07 Jun 2011
Die burgerregte-inisiatief AfriForum gaan so gou moontlik ’n huis van die Zimbabwiese regering in Kenilworth, Kaapstad, laat opveil ten bate van sowat 70 wit boere wat van hul plase in Zimbabwe verdryf is. D?t kom nadat regter Roger Claassen gister in die hooggeregshof in Pretoria hofaansoeke van die Zimbabwiese regering van die hand gewys het. Di? regering is hof toe weens die beslaglegging op sy bates in Suid-Afrika. Hy wou ook die registrasie in Suid-Afrika van twee kostebevele van ’n tribunaal van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SAOG) tersyde laat stel.

http://www.volksblad.com/Suid-Afrika/Nuus/Zim-huis-in-Kaap-opgeveil-vir-boere-20110606