• Login
  • Search Icon

Ysige weer vir Vrystaat en NK voorspel

25 Jul 2011
Ysige weerstoestande met swaar sneeu en erge donderstorms word van vandag af in die Vrystaat en Noord-Kaap verwag. Die nasionale weerdiens het ook gewaarsku dat erge donderstorms, gepaardgaande met sterk winde, die Noord-Vrystaat kan tref. Swaar re?n word oor die hele streek verwag. Ysige toestande gaan die Vrystaat en groot dele van die binneland vandag en m?re tref. Mnr. Tonie Rossouw van die Bloemfontein-weerkantoor sê swaar sneeu word vir Lesotho en die aangrensende dele van die Noordoos-Vrystaat verwag. Ligte sneeu kan in die Bethlehem- en Harrismith-omgewing, asook in die Suid-Vrystaat by Smithfield, Rouxville en Fauresmith val.

http://www.volksblad.com/Suid-Afrika/Nuus/Ysige-weer-vir-Vrystaat-en-Noord-Kaap-voorspel-20110724