• Login
  • Search Icon

Wolseisoen sluit op rekordvlak

09 Jun 2011
Die wolseisoen het op ’n hoogtepunt afgesluit toe Cape Wools se markaanwyser op die finale veiling met 1,8% tot ’n rekordvlak van R97,29/kg (skoonwol) gestyg het – die hoogste vlak in dekades. Dit is nie net 68% ho?r as met die openingsveiling in Augustus verlede jaar nie, maar is ook bykans 66% stewiger as tydens die sluitingsveiling van die vorige seisoen. Pryse het gestyg ondanks ’n sterker rand wat sedert die vorige veiling met 4,2% tenoor die Amerikaanse dollar versterk het. Die veiling is gekenmerk deur sterk mededinging onder vetwoluitvoerders en plaaslike verwerkers. ’n Goeie vraag na wol uit die belangrikste verbruikerslande en kommer en die lae wêreldaanbod van Merinowol het die vraag weer eens aangedryf. Dit was ’n redelike groot veiling met 13 706 bale wat aangebied is en waarvan 95% verkoop is. Die vetwoluitvoerder Standard Wool het 52% van die aanbod gekoop. Die gemiddelde skoonwolpryse van die lang, kamwoltipes (MF5) van gehalte (minder as 1% saadinhoud) pryse was soos volg: 19 mikron sak met ’n marginale 0,4% terug tot R122,81/kg, 20 mikron verbeter met 6,2% tot R107,79/kg, 21 mikron was 1,7% duurder op R101,87/kg en 22 mikron styg met 3,8% tot R99,94/kg. Die eerste veiling van die 2011/'12-seisoen is vir 17 Augustus vanjaar geskeduleer.

http://www.fin24.com/Markets/Commodities/Oil-rises-as-Opec-talks-break-down-20110608