• Login
  • Search Icon

Wolpryse verbeter

12 May 2011
Die wolmark het stewiger op di? week se veiling vertoon en Cape Wools se Merino-aanwyser het met 1,2% teenoor verlede week tot R83,71/kg (skoonwol) verbeter. In Australi? het die mark ook effens verbeter. Die plaaslike mark is aangehelp deur ’n swakker rand. Ontleders meen dat pryse vir geruime tyd huidige prysvlakke sal handhaaf en geleidelik oor die volgende paar jaar kan verstewig omdat die vraag na verwagting sterk sal bly, maar geen noemenswaardige verhoging in wêreldwolproduksie verwag word nie. Vandag se veiling is gekenmerk deur die goeie vraag van verwerkers en vetwoluitvoerders vir vagwol van gehalte. Altesame 9 690 bale is aangebied waarvan 94% verkoop is. Die gemiddelde pryse van lang, kamwoltipes (MF5) van gehalte (minder as 1% saadinhoud) vir die verskillende mikrongroepe was: 19,5 mikron mikron styg met 0,8% tot R100,25/kg, 20 mikron verbeter met 1,5% tot R92,32/kg, 21 mikron was 2,5% duurder op R86,88/kg. Geen veling is vir volgende week geskeduleer nie. Die volgende veiling is op 25 Mei.

http://www.volksblad.com/Suid-Afrika/Nuus/Niemand-sal-plase-met-pangas-beset-paai-Phosa-20110512