• Login
  • Search Icon

Wolmark tel kop op

17 Mar 2011
Die wolmark het sy kop op vandeesweek se veiling opgetel en Cape Wools se Merino-aanwyser het met 2,6% tot R84,10/kg (skoon) verbeter. Hoewel dit nie die hoogste vlak vir die seisoen is nie, is dit steeds 45,6% ho?r as die openingsveiling. Daar was lewendige belangstelling vir gehaltewol, veral vir die goeie tipes fynwol, en die vorige rekord vir die hoogste prys di? seisoen is verbeter. Twee bale BH-wol van 15,8 mikron van mnr. Johan Klingenberg van Wakkerstroom is vir ’n vetwolprys van R121,00/kg verkoop. Die vorige rekord was R118,00/kg. Hy het ook die naashoogste prys van R120,10/kg (vetwol) behaal vir ’n baal van 16,2 mikron. Die effens swakker rand, wat met 1,1% teenoor die Amerikaanse dollar verswak het, het die mark ook ondersteun. ’n Ho? verkooppersentasie is behaal en 97% van die 8 939 bale wat aangebied is, is van die hand gesit. In Australi? het markaanwyser tot sy hoogste vlak di? seisoen verbeter. Die gemiddelde pryse van lang, kamwoltipes (MF5) van gehalte (minder as 1% saadinhoud) was heelwat ho?r as die aanwyser omdat die swakker tipes die aanwyser afgetrek het. Die pryse van die MF5-tipes was soos volg: 19 mikron styg met 5,8% tot R115,35/kg, 20 mikron verbeter met 5,2% tot R89,39/kg, 21 mikron was 4,6% duurder op R84,92/kg en 22 mikron styg met 5,6% tot R87,14/kg. Sowat 6 000 bale sal volgende week onder die hamer kom.

http://bioenergy.checkbiotech.org/news/biofuels_researchers_turn_waste_wealth