• Login
  • Search Icon

Wet oor verblyfreg ‘gaan tot konflik lei’

14 Mar 2011
DIE konsepwet op verblyfreg gaan beslis ni? harmonie tussen eienaars en plaasbewoners op plase bevorder nie, maar kan eerder tot konflik lei, is Vrystaat Landbou (VL) se boodskap aan die regering. VL sê die rede is dat die plaasbewoner en eienaar nou mededingende en soms botsende belange gaan hê op dieselfde stuk grond. “Onbeperkte regte” word nou gegee aan onwettige plaasbewoners. VL het gister met die departement van landelike ontwikkeling en grondsake in die Vrystaat oor die omstrede wet vergader. Mnr. Dirk van Rensburg, voorsitter van VL se grondsake-komitee, het daarop gewys dat hoewel VL op 12 Februarie 2011 sy voorlegging ingedien het met grondsake se inligtingsdag oor die wet, VL eers nou die kans gekry het om volledig kommentaar te lewer.

http://www.volksblad.com/Suid-Afrika/Nuus/Wet-oor-verblyfreg-gaan-tot-konflik-lei-20110311