• Login
  • Search Icon

Wenartikel September 2009: Verskansing en die 2010/2011-bemarkingseisoen vir mielies

23 Nov 2009
WESSEL LEMMER, SENIOR EKONOOM: MARKNAVORSING, GRAAN SA Voordat ?n bemarkings- en produksiebesluit gemaak word, moet die impak wat die besluit op die boerdery se risikobestuursplan gaan h?, eers bepaal word. Koste en verwagte pryse vir die 2009/2010-produksieseisoen Van die moeilikste vrae wat ?n produsent kan vra, is hoe die komende produksieseisoen se pryse gaan lyk? Die Safex-witmieliekontrak vir lewering in Julie 2010 verhandel tans teen ongeveer R1 485/ton. As vertrekpunt tot beter besluitneming is dit ?n vereiste dat die boerdery se produksiekoste vir die aanplant van verskillende gewasse bekend is (Tabel 1). Die verwagte pryse vir die komende oestyd (Safex-witmieliepryse vir lewering in Julie 2010) moet tesame met die produksiekoste en impak van ?n moontlike El Ni?o-verskynsel wat droogte meebring, in aanmerking geneem word. Dit lyk dus asof die Safex-prys (inkomste per ton) deur die produksiekoste per ton grootliks oorskry word. Met hierdie inligting tot jou beskikking kan wyse besluite geneem word oor watter gewasse en hoeveel daarvan, aangeplant moet word. Beter verkoop- en verskansingsbesluite kan dan ook geneem word.

http://www.news24.com/SouthAfrica/News/Free-State-farmer-buried-in-shallow-grave-20110801