• Login
  • Search Icon

Wenartikel Mei 2011: Moets en moenies van verminderde bewerking

05 Jul 2011
DR JOHN TOLMAY, AGRONO-METRIX (EDMS.) BPK Verminderde bewerking, as ‘n meer volhoubare alternatief vir konvensionele stelsels, is besig om landswyd in gewildheid toe te neem. In die Wes-Kaap is die oorgrote meerderheid van gewasproduksie reeds onder verminderde bewerking en dit word al vir dekades suksesvol in die besproeiingsgebied van KwaZulu-Natal toegepas. Alhoewel aanvaarding van verminderde bewerking in die noordelike produksiegebiede redelik stadig plaasvind, is daar al meer belangstelling en word verskillende variasies van verminderde bewerking reeds wyd toegepas. S? word daar byvoorbeeld op die waaigronde van die Noordwes-Vrystaat op groot skaal stoppel behou om winderosie teen te werk, terwyl verdigting wat maklik in di? gronde voorkom, steeds met tandbewerkings aangespreek word. ‘n Bewaringsboerderystelsel sluit as ‘n oorhoofse doelwit, ‘n verskeidenheid van aspekte wat bewaar kan word, in. Voorbeelde hiervan is die bewaring en verbetering van weiding, bewaring van skaars rasse of spesies endemies aan ‘n gebied (byvoorbeeld bloukraanvo?ls) asook aspekte soos die behoud van die natuurskoon en plaaslike volkstradisies.

https://www.grainsa.co.za/documents/SAGraan%20Mei%2011_Verminder%20bewerking.pdf