• Login
  • Search Icon

Wenartikel Maart 2011: Impak van bewaringsboerdery op wortel- en stamvrot van mielies

02 Jun 2011
DR MARYKE CRAVEN, LNR-INSTITUUT VIR GRAANGEWASSE Elke vorm van bewerkingspraktyk het implikasies vir die verskillende swampopulasies wat in grond teenwoordig is. Op sy beurt is die swampopulasies weer verantwoordelik vir die graad van siektes, soos byvoorbeeld wortel- en stamvrot, wat op gewasse voorkom. Vanuit ‘n patologie-oogpunt is dit dus belangrik om kennis te neem van die effek wat elk van die aspekte wat kenmerkend van bewarings boerdery is – naamlik min of geen grondversteuring, plasing van ‘n deklaag en wisselbou – op die swampopulasies het. Dit is belangrik vir enige produsent wat in bewaringsboerdery belangstel om te verstaan wat verwag kan word in terme van wortel- en stamvrotte, voordat daar na bewaringsboerdery oorgeskakel word. Dit is nie sodat die produsent deur die potensi?le gevare afgeskrik moet word nie, maar sodat hy beter kan beplan. Wanneer daar op plantsiektes gefokus word, kan elk van die drie bene van bewaringsboerdery nie los van mekaar gesien word nie, aangesien die een opmaak vir die ander se gebreke of nadelige effekte.

https://www.grainsa.co.za/documents/SAGraan%20Maart%2011_Impak%20v%20bewaringsboerdry.pdf