• Login
  • Search Icon

Wenartikel Junie 2010: KORINGPRODUKSIE: Winsgewendheid knou die plaaslike bedryf

29 Jul 2010
PETRU FOURIE, LANDBOU-EKONOOM: PRODUKSIE/INSETTE, GRAAN SA Koringprodusente is tans aan die dink weens lae koringpryse en ho? insetkoste: winsgewendheid, klimaatsomstandighede en die wesenlike bedryfsomgewing veroorsaak dat produksierisiko uitermatig toeneem. Dit bring mee dat daar voortdurend ‘n kleiner oppervlakte onder koring beplant word en dat meer koring ingevoer moet word. Koringaanplantings Volgens die Nasionale Oesskattingskomitee (NOK) is produsente van voorneme om slegs 548 000 hektaar koring hierdie seisoen aan te plant. In die 2009/2010-seisoen was koringaanplantings 642 500 hektaar, wat die voorneme om te plant dus 14,7% of 94 500 hektaar minder maak. As produsente voortgaan, en slegs die voorgenome hektare koring aanplant, sal dit die kleinste aanplanting sedert die vroe? 1900’s wees. Suid-Afrika se koringaanplantings is in ‘n daalfase sedert 1990/1991 – sien Grafiek 1. In die Wes-Kaap, met ander woorde die Swartland en die Rûens, het produsente aangedui dat hulle van voorneme is om 23 000 hektaar minder koring as verlede jaar aan te plant. Die Vrystaatse produsente het aangedui dat hulle met ‘n ingrypende 55 000 hektaar gaan afskaal, terwyl die Noord-Kaapse produsente, wat hoofsaaklik ‘n besproeiingsarea is, aangedui het dat hulle ongeveer 6 000 hektaar minder koring as verlede jaar gaan aanplant.

http://bioenergy.checkbiotech.org/news/math_bio_fuel_use