• Login
  • Search Icon

Wenartikel Februarie 2011: Bogrondse mieliesiektes onder bewaringsboerdery

18 Mar 2011
BRADLEY FLETT, LNR-INSTITUUT VIR GRAANGEWASSE Bewaringsboerdery is waar minimum grondversteuring en wisselbou toegepas word en minstens 30% van die grondoppervlak met plantreste bedek is. Die voordele van bewaringsboerdery is al verskeie kere in tydskrifte en joernale uitgelig. Die vraag bly staan: “Hoekom het alle produsente nog nie oorgeskakel na s? ‘n stelsel toe nie?” Hiervoor word talle redes aangevoer. Die moontlikheid vir plantsiekteepidemies is egter een van die groter uitdagings wat ‘n oorskakeling na bewaringsboerdery beïnvloed. Daar is siektes wat redelik maklik onder bewaringsboerderystelsels beheer kan word, maar daar is ongelukkig ook sekere siektes wat moeiliker is om te beheer. Bewaringsboerdery plaas baie klem op die behoud van plantmateriaal op die grond om onder meer die organiese materiaal te verhoog. Die plantmateriaal kan ‘n bron van inokulum van verskeie patogene wees. Daar is ook ongelukkig landboukundiges en produsente wat nie die gevaar van siektes wil insien nie. In hierdie artikel gaan ons die siektes in konteks probeer bring sodat produsente kan verstaan dat daar wel beheermaatre?ls is om siektes te beheer wat onder di? stelsels voorkom.

https://www.grainsa.co.za/documents/SAGraan%20Feb%202011_Bogrondse%20mieliesiektes.pdf