• Login
  • Search Icon

Water: TLU SA vra stappe teen ministers

01 Jun 2011
Die Direkteur van Openbare Vervolging (DOV) moet nou aandui of hy strafregtelike stappe teen drie ministers oor waterbesoedeling gaan neem. Luidens ‘n verklaring dring die TLU SA hierop aan nadat hy meer as ‘n jaar gelede reeds klagtes in die verband gelê het. Die organisasie sê hy het ook ‘n skrywe aan die Onafhanklike Klagte-direktoraat (OKD) gerig om antwoorde te kry oor die ondersoek na die Polisie se optrede rakende die klagtes wat teen die ministers gelê is. “Die TLU SA is van mening dat die saak nie behoorlik ondersoek is nie en eis gevolglik antwoorde,” lui die verklaring.

http://www.landbou.com/nuus/nuus-artikel/water-tlu-sa-vra-stappe-teen-ministers