• Login
  • Search Icon

Voedselkrisis dreig, maan VN

15 Mar 2011
Die stygende internasionale pryse van basiese voedsel verhoog die risiko dat die voedselkrisis van 2007 en 2008 in ontwikkelende lande herhaal sal word, waarsku die Verenigde Nasies (VN) se landbou-organisasie, die FAO. ’n Styging in oliepryse en die daling van internasionale voorraad van ontbytgrane kan in ’n voorraadkrisis ontaard, het mnr. Jacques Diouf, direkteur-generaal van FAO, gesê. “Ons waarsku al vir jare dat meer produktiwiteit en beleggings in landbou noodsaaklik is.”

http://www.sake24.com/Maatskappye/Landboubesigheid/Voedselkrisis-dreig-maan-VN-20110314