• Login
  • Search Icon

Voedsel: Fokus nou op beskikbaarheid

04 Oct 2011
’n Klemverskuiwing het plaasgevind van die bekostigbaarheid van kos na die beskikbaarheid daarvan. Mnr. Jannie de Villiers, uitvoerende hoof van Graan SA, meen daar gaan ’n punt kom waar die wêreld genoeg geld sal hê om kos te koop,maar dan sal daar nie voedsel beskikbaar wees nie. “Wat kan ons doen om voedselsekerheid in Suid- Afrika en veral op die vasteland op ’n stabieler plek te kry? Verstedeliking neem toe en die ontvolking van die platteland gaan voort. Infrastruktuur verswak. Hoe het dit ’n invloed op hoe mense eet?” het De Villiers by die Agri Megaweek gevra.

http://www.landbou.com/nuus/nuus-artikel/voedsel-fokus-nou-op-beskikbaarheid