• Login
  • Search Icon

VN kritiseer grondhervorming

18 Jul 2011
’n Spesiale ondersoekbeampte van die Verenigde Nasies (VN) het Suid-Afrika se sloerende grondhervormingsprogram gekritiseer. Mnr. Olivier de Schutter, ’n VN-ondersoekbeampte wat fokus op die reg tot voedsel, sê een van die land se grootste probleme met voedselsekerheid is die feit dat opkomende boere, wat grond met behulp van die grondhervormingsprogram ontvang het, nie die nodige hulp ontvang om te kan boer nie. Hy sê net sowat 5% van die 30% van die grond wat die staat van wit kommersi?le boere na opkomende boere wil oordra, is tans in die hande van opkomende boere. “Die data wat aan my verskaf is, dui aan dat nog slegs 6,8% van die grond wat aan opkomende boere oorgedra moet word, reeds oorgedra is. Sowat 2% van daardie grond is egter weer aan die kommersi?le boere teruggegee, so ons praat van net sowat 5,8%. En d?t is baie laer as die mikpunt van 30% wat vir 2014 gestel is.”

http://www.landbou.com/nuus/nuus-artikel/vn-kritiseer-grondhervorming