• Login
  • Search Icon

Vloede: Skade ‘slegs’ R1,1 miljard

21 Jul 2011
Die Nasionale Rampbestuursentrum (NDMC) se finale verslag oor vroe?r vanjaar se vloedskade, dui aan dat die skade op R2,764 miljard minder bevestig is as wat aanvanklike syfers aangedui het. Mnr. Kosie van Zyl, ’n verteenwoordiger van Agri SA, sê die skade word tans op R1,136 miljard bereken, terwyl die aanvanklike bedrag op R3,8 miljard gestaan het. Volgens Van Zyl is di? finale verslag onlangs aan provinsiale regerings en landbou-organisasies beskikbaar gestel vir verdere bydraes en kommentaar. Hy sê hulle het ‘n vergadering met die NDMC versoek om die bevindinge, asook die metodes wat gebruik is om die bedrag te bepaal, te bespreek. “Ons wil graag met hulle gesels en meer uitvind, want ons kry ander boodskappe uit die veld as wat in die verslag weergegee word,” verduidelik Van Zyl.

http://www.landbou.com/nuus/nuus-artikel/vloede-skade-slegs-r11-miljard